Rhino Manor
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 35 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Patrysblomstraat 64, Vanderkloof, 8770, Noord-Kaap
- Vanaf R1 350 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Rhino Manor is 'n pragtige 3-ster-gegradeerde selfsorg-instansie wat in die rustige dorpie Vanderkloof, Noord-Kaap, geleë is. Die herehuis spog met lieflike uitsigte oor die Vanderkloofdam, die tweede grootste mensgemaakte meer in Suid-Afrika.
Verblyf word gebied in 10 kamers met privaat ingange. Elke eenheid beskik oor kwaliteit koninggrootte-beddens, en suite-badkamers met 'n stort en 'n kombuis wat toegerus is met 'n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Twee enkelbeddens is op versoek beskikbaar.
Elektriese komberse en ekstra beddegoed word gedurende die wintermaande voorsien. Lugversorging is in elke kamer beskikbaar. DStv, WiFi, linne, handdoeke en badkamergeriewe word voorsien.
Stap na die privaat onderdakstoep met knus braaigeriewe. Gaste het gratis toegang tot veilige onderdakparkeerplek op die perseel, 24/7 CCTV-sekuriteit, 'n kragopwekker en 'n rugsteunwaterstelsel.
Die huis bied ook talle doendinge. Daar is 3 voetpaadjies in die natuurskoon, visvangplekke en voëlkykgeleenthede. Gaste kan fietsry, baljaar in die gemeenskaplike swembad of kinders kan die speelarea geniet. Spa-behandelings is ook beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Charna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 120
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Patrysblomstraat 64, Vanderkloof, 8770, Noord-Kaap
- Gaste dink Rhino Manor het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Vanderkloof Karoo Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 35 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Patrysblomstraat 64, Vanderkloof, 8770, Noord-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang