Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

QATP Lea's lazy corner

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 45 Kronkelweg, Louis Rood, Strandfontein, 8149, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

QATP Lea's lazy corner is 'n knus selfsorgwoonstel in 'n veilige gebou wat 'n paar meter van die strand af in Strandfontein geleë is, wat dit 'n ideale opsie maak vir 'n gesinswegbreek.

Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer is ingerig met twee enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n elektriese stoofblad, elektriese oond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Vanuit hierdie kombuis lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek wat 'n wonderlike plek is vir gaste om met 'n boek te ontspan. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Tydens beurtkrag word hierdie eiendom deur 'n sonkragstelsel gerugsteun.

Buite is daar 'n privaat patio met 'n tafel en stoele waar gaste 'n oggendkoffie kan geniet. Boonop het hierdie eiendom 'n welige groen tuin, braaigeriewe en 'n uitnodigende gemeenskaplike swembad vir gaste om op daardie warm somersdae af te koel. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ligging

  • 45 Kronkelweg, Louis Rood, Strandfontein, 8149, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 45 Kronkelweg, Louis Rood, Strandfontein, 8149, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd52508e7feb008304682adabdb5ed46edf2265bf52b3266f5665a8ede9bce992a2fe87026054abcb46426058eb110c80abcd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 4) 45 Kronkelweg Louis Rood 8149 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.75102487913 18.230206023032

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang