Oak Leaves Cottage
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Villiers-straat 13, Clarens, 9707, Vrystaat
- Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Oak Leaves Cottage is 'n sonderlinge en pragtig gemeubileerde selfsorg-tuinkothuis op die eienaars se perseel, ideaal geleë in die skilderagtige dorpie Clarens in die Vrystaat. Die kothuis is apart van die hoofhuis geleë en bied gaste privaatheid.
Hierdie luukse kothuis is ideaal vir 'n paartjie en het 'n oopplan-uitleg. Die slaapkamerarea beskik oor 'n dubbelbed wat met perkallinne opgemaak is, en 'n elektriese kombers. Die badkamer is toegerus met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuisie is goed toegerus vir selfsorg en sluit 'n yskas, eetgerei en breekware, 'n mikrogolfoond, koffiemasjien en ander klein toebehore in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met 2 kroegstoele. Die kothuis het lugversorging, verhitting en verkoeling, en het 'n platskerm-TV met DStv.
Die kothuis het deure wat na 'n patio-area oopmaak, met draagbare braaigeriewe.
Besoekers aan Clarens kan 'n verskeidenheid doendinge geniet wat kunsvlieghengel, voetslaan, perdry en 4x4-avonture insluit. Die dorp lê ook naby die Golden Gate Nasionale Park en is 'n ideale oornagplek op 'n reis na die bergkoninkryk Lesotho.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Laetitia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Villiers-straat 13, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Oak Leaves Cottage het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Villiers-straat 13, Clarens, 9707, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang