Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Nantes-vue Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Millstraat 56, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Nantes-Vue is 'n pragtige en onlangs opgeknapte gastehuis geleë in Paarl se historiese Meulstraat, en is 'n ideale verblyfplek naby Kaapstad, die Kaapse Wynlande en verskeie topklas-gholfbane. Die dorpie Paarl is ook die beginpunt van die Kaap se bekende Roete 62.

Die eiendom kan as 'n geheel uitgeboek word, dit sluit die solderkamer in met slaapplek vir 8 en die 5 kamers onder.

Die 5 en suite-gasteslaapkamers is ruim en het hoë plafonne wat kenmerkend is van die Kaaps-Hollandse styl. Alle kamers het lugversorging en hul eie privaat ingang. Een van die kamers is 'n oulike tuinkothuis wat ideaal geskik is vir gesinne. Die kamers beskik oor LCD-TV's met Netflix en 'n 150 MB-Wi-Fi-lyn. Elke kamer het 'n sitarea en is toegerus met komplimentêre tee- en koffiemaakgeriewe en beskuit, espressomasjien, kapsules, water en melk.

Dié gastehuis is stylvol terwyl die tradisionele eetarea met sy kaggel 'n huislike gevoel gee. Saans kan gaste voor die kaggel ontspan terwyl hulle 'n boek lees. Die hele gastehuis het WiFi.

Die verwelkomende gang van die huis lei na 'n privaat tuin met 'n plonspoel en gazebo. Daar is ook 'n houtdek waar gaste die Suid-Afrikaanse sonskyn kan geniet.

Ons is ook ideaal vir 'n konferensie, dit alles kan gereël word teen 'n individuele koste ekstra!

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 147 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Ridha R
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent and exceptional. The host was amazing and friendly. Staff were very helpful. We enjoyed our stay so much!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025
Geline L
5.0
Die verblyf was ideaal vir wat ons gesoek het. Ons het vreeslik lekker gebly, soveel so dat ons 'n ekstra aand wou oorslaap, maar ongelukkig het die t...
Sien meer
Des 2024
Johan B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Ons het baie lekker gebly, voel soos huis weg van die huis.
Nov 2024
Debora K
5.0
Skoon, goed toegerus, goeie ligging, goeie prys en sorgsame gasvrou. Baie gerieflike verblyf - Oupa en Ouma, seun en skoondogter en kosbare kleinkind ...
Sien meer
Sep 2024
Jo D
Saam met lewensmaat
4.2
Easy comfortable accommodation. We stayed two nights, the room was clean and spacious, and the aircon was very welcome due to the heat....
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Shani Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 147

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Millstraat 56, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink Nantes-vue Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Paarl Boland Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Millstraat 56, Paarl, 7646, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAC68RFntWGYl5qUKi1Gtxir6zc4NW6mRcxIhs4C7iNctXdCVTcJ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 147 5 1 5 56 Mill street Paarl 7646 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.730461463617 18.958372737434

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang