Mutual Heights 908
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Darlingstraat 14, Mutual Heights, Kaapstad-middestad, 8000, Wes-Kaap
- Vanaf R1 548 per nag, vir 3 mense
Beskrywing
Mutual Heights 908 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige gebou in die hartjie van Kaapstad. Dit is 'n goeie opsie vir vakansiegangers of sakereisigers in die Moederstad.
Die woonstel bied slaapplek aan 3 gaste en beskik oor 'n slaapkamer op die boonste verdieping en 'n badkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei, breekware en 'n wasmasjien toegerus is. Langs die kombuis is daar 'n sitarea met 'n enkelslaapbank en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot die gebou se gemeenskaplike swembad, sonstoele en gimnasium op die perseel. Die woonstel is naby baie winkels en restaurante geleë en is net 'n entjie vanaf die V&A Waterfront.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
1 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Darlingstraat 14, Mutual Heights, Kaapstad-middestad, 8000, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Kaapstad Middestad Stadskern Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Darlingstraat 14, Mutual Heights, Kaapstad-middestad, 8000, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang