Muthaiga House
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fairway-weg 5, St Michael's on Sea, 4265, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Muthaiga House is 'n knus selfsorgwoonstel met 'n privaat ingang op die eienaar se eiendom wat in St Michael's on Sea geleë is. Dit is gerieflik geleë binne stapafstand vanaf die strand en 'n kort entjie se ry vanaf lieflike restaurante en winkelsentrums.
Dié woonstel het slaapplek vir 2 gaste op 'n slag en beskik oor 'n slaapkamer met lugversorging en 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en die badkamer is toegerus met 'n instapstort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.
Boonop is daar 'n leefarea met 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n Nespresso-masjien. Van die kombuis af lei 'n sitkamer en 'n TV. Gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam te bring. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Buite het gaste hul eie balkon met buitesitplek wat oor die swembadarea uitkyk en die ideale plek is vir 'n oggendkoffie. Gaste het volle toegang tot die eienaar se swembad om op daardie warm somersdae af te koel. Tydens beurtkrag sal hierdie eiendom gerugsteun word deur sonpanele en 'n omskakelaar. Daar is ook geen waterprobleme by hierdie eiendom nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Caroline Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Fairway-weg 5, St Michael's on Sea, 4265, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Muthaiga House het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fairway-weg 5, St Michael's on Sea, 4265, KwaZulu-Natal