Mountain View
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 61 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tielman Roos-straat 1, Zastron, 9950, Vrystaat
- Vanaf R400 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Mountain View is in Zastron in die Vrystaat geleë en bied gehalteverblyf, ideaal geskik vir gesinne of groot groepe. Die verblyf is aan die voet van die Aasvoëlberg geleë en is 'n toevlugsoord vir natuurliefhebbers en avontuursoekers. Die lodge huisves ook 'n kolonie aasvoëls, wat dit ideaal maak vir natuurfotograwe en voëlkykers.
Die lodge beskik oor 9 aparte eenhede, elk met 'n lieflike uitsig oor die berg. Die eenhede is almal toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, 'n TV en privaat ingang.
Daar is ook 12 kampeerplekke met 'n water- en elektrisiteitspunt by elke plek. Elke kampplek kan 'n maksimum van 4 persone akkommodeer. Daar is skoon en gerieflike ablusiegeriewe met warm water. Gaste het ook toegang tot 'n gemeenskaplike vermaakarea met 'n TV met DStv.
Daar is 'n staproete op die perseel waarop gaste 'n wandeling kan maak om die ryk voëllewe te bewonder. Die eiendom is omhein.
Mountain View word ook gebruik as 'n basiskamp vir gaste wat op die Oranjerivier-vlotvaarttoere gaan na die suidelike dele van Lesotho en die bergpasse na Lady Grey, Sterkspruit en Rhodes.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Chris Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 76
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Tielman Roos-straat 1, Zastron, 9950, Vrystaat
- Gaste dink Mountain View het ’n baie goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 61 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tielman Roos-straat 1, Zastron, 9950, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang