Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mitat Gastehuis

Gastehuis
Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 13 Jan 2025 tot 30 Nov 2025.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 48, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 R810 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Mitat Gastehuis bied oornagverblyf vir 6 gaste in die hartjie van Beaufort-Wes en is op die eienaar se perseel geleë.

Kamer 1 kan 1 tot 2 gaste akkommodeer en Eenheid 2 kan 1 tot 4 gaste akkommodeer. Elke eenheid het toegang tot hul eie privaat geriewe asook 'n aparte ingang.

Kamer 1 het 'n privaat ingang en 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed. Dit het slaapplek vir 2 gaste. Daar is lugversorging en baie kasspasie vir gaste se bagasie. 'n Stort, bad en wasbak is beskikbaar in die badkamer asook 'n aparte toilet.

Dié eenheid het 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie, mikrogolfoond, 'n ketel met eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Komplimentêre melk, suiker, tee en koffie word met aankoms voorsien. Ander geriewe in die kamer sluit 'n slim-TV met Netflix en gratis WiFi in.

Deur die skuifdeure is daar 'n houtdek met 'n tafel en 2 stoele.

Eenheid 2 kan 1 tot 4 gaste akkommodeer en word eksklusief verhuur. Dit het 'n privaat, aparte ingang. Die eenheid bestaan uit twee aparte slaapkamers met koningingrootte-beddens. Elke kamer het sy eie klerekas, slim-TV met Netflix en gratis WiFi. Die ruim badkamer het 'n stort, wasbak en aparte toilet.

Die kombuisie is toegerus met 'n ketel en tee- en koffiemaakgeriewe. Komplimentêre melk, suiker, tee en koffie word met aankoms voorsien. Daar is 'n onderdakstoep waar daar opwasgeriewe is, 'n yskassie en 'n mikrogolfoond met 'n houttafel, en sitplek vir 6 mense. Eetgerei en breekware word ook voorsien.

Daar is gemeenskaplike braaigeriewe in die tuin. Gaste kry veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 126 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Joop D
5.0
Ek het al in baie gashuise gebly. Hierdie een is tot nou toe die beste! Mart het baie moeite gedoen om 'n pragtige blyplek te maak. Sy het oog vir det...
Sien meer
Feb 2025
Rose F
Saam met vriende
5.0
Amazingly peaceful place. Peace and tranquility is how I would describe the place. Beds were wonderful. Unit was neat and spotless. Mar...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025
Lehana V
5.0
Voel tuis. Ja, definitief, sal hulle weer binnekort gaan besoek.
Feb 2025
Attie O
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het lekker rustig ontspan. Baie vriendelike gasvrou. Ons het baie lekker gebly. Baie netjies en gerieflik.
Feb 2025
Sarel J
Gesin met klein kinders
5.0
Skoon, netjies, waarde vir geld. Ek kan met vrymoedigheid Mitat Gastehuis aan enige iemand aanbeveel. Dit is sekerlik die beste oornagverblyf wat ons ...
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Mart Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 126

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Voortrekkerstraat 48, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mitat Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
R 900 R 810
per nag, vir 2 mense
Vanaf R900
R 900 R 810
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 48, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeb12019bc668eeabf264036a9304bd7c7ebca67e769b00ddffcb0766e7d8c143dcbf1d3de972c272a9db341ac60ddab43dbf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R900 nouVanaf R810 per nag, vir 2 mense 126 5 1 5 48 Voortrekker Street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 09:00 -32.352727387907 22.594653140367

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang