Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mi Casa Selfsorg

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Geen kinders onder 3
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Antunstraat 266, Sinoville, Pretoria, 0182, Gauteng
  • Vanaf R1 020 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Mi Casa Selfsorg bied verblyf in Sinoville in die noorde van Pretoria. Mi Casa en Bunoa Vista is deel van die hoofhuis, maar het privaat ingange, badkamers, kombuisie en ander geriewe. La Casetta is 'n aparte kothuis met dieselfde uitleg.

Die groot ateljee, Mi Casa, het 'n balkon en kan tot 4 volwassenes akkommodeer. Die slaapgeriewe bestaan uit 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbank met 'n futon-matras. Die slaapbank is beter geskik vir kinders en jong volwassenes. Die volledige en suite-badkamer het 'n bad en stort. Neem asseblief kennis dat daar trappe is wat na die balkon lei.

Die eenheid beskik ook oor 'n kombuisie wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof, yskas-vrieskas en mikrogolf. Die sitarea het 'n TV met HD OpenView, maar ongelukkig geen DStv nie. 'n Veilige, onderdakparkeerplek word voorsien. Gaste het toegang tot die swembad en die tuin, en die braai-area is op versoek beskikbaar.

Neem asseblief kennis dat alhoewel die eenheid aan die agterkant van die eiendom is, dit oorkant en langs 'n skool is, so sporadiese geraas kan gedurende werksure op sekere tye gedurende die week verwag word.

Die Buona Vista-eenheid is deel van die hoofhuis, maar het sy eie privaat stoep en 'n volledige badkamer met 'n bad en handstort - die eenheid is ruim genoeg om 'n matras as 'n ekstra slaapplek op versoek te akkommodeer. Die eenheid is aan die agterkant van die eiendom en het 'n uitsig oor die tuin. Gaste is welkom om die braaigeriewe te gebruik en jy is net 4 treë van die swembad af en het 'n tuin-uitsig. Onderdakparkeerplek is beskikbaar.

La Casetta is 'n bekoorlike eenheid met 2 slaapplekke wat apart van die hoofhuis geleë is en het sy eie ingang asook parkeerplek - die eenheid is ruim genoeg om 'n matras as 'n ekstra slaapopsie op versoek te akkommodeer. Die eenheid beskik ook oor 'n yskas-vrieskas, gasstoof en 'n lugbraaier.

Die tipiese voorstedelike area bied maklike toegang tot skole, kerke, winkelsentrums, restaurante, aftreeoorde, en Wonderboom-lughawe asook Onderstepoort- en Montana-hospitale. Verwag asseblief sporadiese geraas. Die ligging is gerieflik vir toegang tot Limpopo en ander groot roetes soos die N1 en N4. Gaste kan kort uitstappies na die warmwaterbronne by Bela Bela, Dinokeng, oorde en wildreservate onderneem, want hulle is almal binne 1 uur se ry.

Mi Casa kan ook langer verblyf verskaf vir sakegeleenthede waar spesiale tariewe geld en sekere skoonmaakdienste ingesluit kan word. Bespreek asseblief by die gasvrou.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.6

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Maggie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 25

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Antunstraat 266, Sinoville, Pretoria, 0182, Gauteng
  • Gaste dink Mi Casa Selfsorg het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 020
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 020
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Geen kinders onder 3
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Antunstraat 266, Sinoville, Pretoria, 0182, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVmODkwNDYwLTc5YjEtNDViYi05YTNhLTZmMTNmM2I2OGMyNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 020 per nag, vir 2 mense 25 5 1 5 266 Antun Street Sinoville 0182 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.67877122298 28.222051333809

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang