Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Menlo View Guest Rooms

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 24ste Straat 40, Menlo Park, Pretoria-Oos, 0081, Gauteng
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Menlo View Guest Rooms is selfsorg-eenhede in Pretoria-Oos, Menlopark. Menlopark is 'n stil woonbuurt, ryk aan bome en voëllewe. Die restaurante by The Village is omskep in 'n sprokiesagtige wonderland en is stapafstand van die eenheid af.

Die Family de Luxe-eenheid is geskik vir 3 gaste en is ingerig met 'n dubbelbed en 'n enkelbed in 'n ander area wat deur 'n skeidingsmuur geskei word. Die kamers deel 'n badkamer met 'n groot instapstort, wasbak en toilet. Die eenheid het 'n leefarea tussen die kamers met 'n volledig toegeruste kombuis, bank en 'n tafel met stoele. Daar is 'n verstelbare platskerm-TV met DStv teen die muur. Daar is 'n sonkragstelsel met batterye wat verseker dat gaste nie deur beurtkrag geraak sal word nie.

Die Tuinkamer het slaapplek vir 2 gaste. Daar is 3 trappe wat na die houtdek lei. Die kamer is toegerus met 'n dubbelbed en die en suite-badkamer het 'n instapstort, wasbak en toilet. Die sitkamer is toegerus met 'n slaapbank en 'n TV met DStv. Die kombuisie is toegerus met 'n mikrogolf, ketel, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe.

Gaste het toegang tot gratis WiFi, DStv en die tuin. Daar is 'n privaat patio vir elke eenheid en veilige parkeerplek op die perseel. ’n Sonkragstelsel met batterykrag in die nag is beskikbaar om geen kragonderbrekings te verseker nie.

Daar is talle hospitale in die omgewing. Menlyn Mall, Menlyn Maine, Sun Arena, Times Square en die Eye Institute is naby hierdie verblyf. Afriforum Teater is 1,7 km vanaf die eiendom.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 266 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Louwma S
5.0
Diens en ontvangs was uitstekend. Alles was perfek. Heerlik gebly. Plek is rustig.
Mrt 2025
Carlia H
Saam met vriende
5.0
Gerieflik, skoon en netjies. Ons het heerlik daar oornag. Als was skoon en netjies en almal was baie vriendelik. Kommunikasie was ook goed deurgegee. ...
Sien meer
Mrt 2025
Annelize V
5.0
Netjies en gerieflik. Was heerlik, gemaklik en netjies. Baie mooi gestruktureerd.
Mrt 2025
Elmien G
5.0
Aangenaam verras en baie sentraal. Alles was skoon en netjies met my aankoms. Die tuin is 'n lushof na die wonderlike reën. Heerlik om buite te sit.
Mrt 2025
Odette V
Saam met lewensmaat
5.0
Marthie het ons so baie tegemoetgekom en ons hartlik ontvang. Baie gemaklik en 'n pluspunt is die stil, rustige omgewing.
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Yvonne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 266

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 24ste Straat 40, Menlo Park, Pretoria-Oos, 0081, Gauteng
  • Gaste dink Menlo View Guest Rooms het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 24ste Straat 40, Menlo Park, Pretoria-Oos, 0081, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAF5SDON2oJl9wGVsR9k8XaaTAj64EEvOH9TUldXaIzS1vxDdsUG?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 266 5 1 5 40 24th Street Menlo Park 0081 Gauteng 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -25.774845295098 28.26432388541

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang