Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Maxi's Cottage

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Condor-straat 39, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Maxi's Cottage bied lieflike selfsorgverblyf met 'n privaat ingang op die eienaar se eiendom in die hartjie van Oudtshoorn. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n paartjie of alleenreisigers wat op soek is na 'n oornagverblyf in die area.

Dié woonstel met lugversorging het gemaklike slaapplek vir 2 gaste op 'n slag en beskik oor 'n en suite-badkamer. Dit is ingerig met 'n dubbelbed en die badkamer is toegerus met 'n instapstort, wasbak en toilet. Alle linne word voorsien asook handdoeke, sjampoe en conditioner asook stortjel.

Verder is daar 'n leefarea met 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Daar is ook 'n wasmasjien in die kombuisarea. Vir gaste se vermaak is gratis WiFi en 'n TV ook beskikbaar.

Daar is ook 'n gemaklike werkspasie met proppe beskikbaar vir skootrekenaars.

Buite is daar 'n privaat patio met 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie in die aand. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.

Die dorp het 'n lieflike swembad wat sowat 2 km vanaf die kothuis is.

Dit is opmerklik dat die Mediclinic 2,7 km vanaf die kothuis is.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Goldie G
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker area en waarde vir jou geld. Ek het baie lekker gebly. Ruim en netjiese eenheid met alles wat jy nodig het. Baie vriendelike en behulpsame gasv...
Sien meer
Jan 2025
Anja W
Saam met lewensmaat
5.0
Ons tyd by die cottage was wonderlik. Ons het ongelooflik lekker gebly. Die verblyf was wonderlik! Ek sal dit vir enige iemand aanbeveel. Die plekkie ...
Sien meer
Nov 2024
Maria S
Saam met lewensmaat
5.0
Excellence fully equipped unit with a South African warm welcome. Value for money! Definitely value for money. Fully equipped unit with...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Amanda T
Saam met lewensmaat
5.0
Baie tuis gevoel. Sal die plekkie hoog aanbeveel. Baie netjiese plekkie. Alles wat mens nodig het. Stil omgewing. Gasvrou baie vriendelik en hulpvaard...
Sien meer
Okt 2024
Alan H
Saam met lewensmaat
5.0
Neat, tidy, clean with friendly hosts. Recommended for a stop-over or even short. A very pleasant overnight stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Maria Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Condor-straat 39, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Gaste dink Maxi's Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 850
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Condor-straat 39, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4c0b46afb7a420d0ae06fcb1ec9431e111d5be15bf8e81d5360745a5642f8f95261d9f56fd73403edbb2e5863e88e8f69373?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 19 5 1 5 39 Condor Street Oudtshoorn 6625 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -33.5804642 22.2136373

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang