Masalimo Cottage
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R396, Rhodes, 9787, Oos-Kaap
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Masalimo Cottage is op 'n werkende plaas in Rhodes, Oos-Kaap geleë en bied gehalteverblyf vir 'n paartjie. Dit is binne maklike bereik van winkels, eetplekke, doendinge en besienswaardighede.
Die kothuis beskik oor 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Geen handdoeke en toiletware word voorsien nie.
Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Weens ligging, weerstoestande by tye en beurtkrag word geen elektriese ketel voorsien nie.
Daar is 'n sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel vir daardie koue winteraande, asook 'n ontbytkroeg waar gaste hul maaltye kan geniet.
Daar is lieflike braaigeriewe beskikbaar vir gaste se gebruik tydens hul verblyf.
Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Daar is 'n 25 m, natuurlike swembad, tennisbaan en gimnasium oorkant die pad asook 'n klein kruidenierswinkel.
Die kothuis kyk uit oor die Bellriviervallei en 'n paar weivelde. Daar is lewende vee en troeteldiere op die eiendom wat soms raserig kan wees.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Sunelle Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 82
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- R396, Rhodes, 9787, Oos-Kaap
- Gaste dink Masalimo Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R396, Rhodes, 9787, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang