Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La Renee

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Davidson-laan 5, La Renee 32, Richardsbaai, 3901, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 400 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

La Renee bied selfsorgverblyf in 'n ruim woonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Richardsbaai. Dit is net oorkant die pad van Indaba Lodge geleë wat spa-geriewe bied en dit is ongeveer 1 km vanaf die strand.

Dié woonstel op die tweede verdieping het slaapplek vir altesaam 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. 'n Dubbelbed is in albei slaapkamers beskikbaar en die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea met lugversorging beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Netflix. Vir diegene wat 'n bietjie werk gedoen wil kry, is gratis WiFi, sowel as 'n lessenaar met 'n rekenaarskerm, beskikbaar.

Deur die skuifdeur is daar 'n balkon met buitesitplek wat 'n ideale plek is vir 'n oggendkoffie terwyl dit uitkyk oor die kompleks. Gaste het volle toegang tot die kompleks se gemeenskaplike braai- en swembadarea. Die kompleks bied ook veilige onderdakparkeerplek. Die ligging van hierdie kompleks is 80 km vanaf St Lucia en binne 'n kort entjie se ry vanaf plaaslike kruidenierswinkels.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.0
Veiligheid
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4/5

Minette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Davidson-laan 5, La Renee 32, Richardsbaai, 3901, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink La Renee het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Davidson-laan 5, La Renee 32, Richardsbaai, 3901, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd23438aacc636947f69b3195ffdcf2047c2d3576029222f3b65ab3be57eb81c987e86d4590072f4cc808e0b65e2aad71363f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag, vir 4 mense 1 5 1 4 5 Davidson Lane 32 La Renee 3901 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -28.792748451887 32.098423280119

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang