Kruger River Retreat
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Crocodile-weg 801, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Kruger River Retreat is geleë teenaan die Krokodilrivier in Marlothpark, met 'n pragtige uitsig oor die Krokodilrivier en die Krugerwildtuin. Die huis is beslis een van die heel beste huise in Marlothpark, en is aangrensend aan die Krugerwildtuin.
Die ruim en luukse huis bied gehalte-gesinsverblyf, en is slegs 55 meter van die Krugerwildtuin af. Dit het 'n pragtige uitsig oor die Krugerwildtuin met wild wat vrylik om jou rondloop, en die naggeluide van die bos wat jou bekoor.
Die huis is geleë in die stiller gedeelte van Marlothpark in Krokodilstraat. Dit beskik oor 3 en en 'n half ruim slaapkamers en bied slaapplek aan 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde kamer het 2 enkelbeddens wat ook as 'n koningrotebed saamgevoeg kan word. Daar is 'n ekstra slaaparea met 'n dubbelbed wat aangrensend is aan die hoofslaapkamer. Elke slaapkamer het lugversorging en sy eie badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die hoofslaapkamer se badkamer het ook 'n bad.
Die ten volle toegeruste kombuis het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, "airfryer", eetgerei en breekware.
Die ruim sitkamer het gemaklike sitplek en 'n Smart TV. Daar is ook 'n eetarea waar gaste hul maaltye kan geniet. Onbeperkte WiFi is ook beskikbaar.
Die hoof-onthaalarea is op die tweede verdieping en het 'n ingeboude binnebraai, sitarea, kroeg, ysmaker, groot stoep en 'n helderblou swembad wat ook op die tweede vlak is. Daar is 'n derde vlak wat 'n uitkykdek is met 'n asemrowende uitsig oor die Krugerwildtuin. Daar is ook 'n ruim boma braaiplek op die grondverdieping.
Veilige parkeerplek is beskikbaar in 'n dubbeltoesluitmotorhuis.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Willie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Crocodile-weg 801, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Kruger River Retreat het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Crocodile-weg 801, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang