Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kronenhoff

Gastehuis
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sonopstraat 1, Kirkwood, Addo, 6120, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Kronenhoff bied die ideale toevlugsoord om oor te bly wanneer jy die Addo Olifant Nasionale Park besoek. Dié gastehuis wat deur die familie bestuur word, bied luukse en baie gerieflike verblyf en 'n wonderlike restaurant waar goeie kos en wyn geniet kan word.

Alle kamers is luuks en ruim en het privaat ingange vanaf die patio, lugversorging, TV, kroegie en tee- en koffiemaakgeriewe. Badkamers is stylvol en ruim; almal met aparte baddens en storte. Veilige parkeerplek op die perseel is naby die kamers beskikbaar.

Geniet die heerlike Suid-Afrikaanse sonskynweer langs die manjifieke swembad, gaan vir 'n oefensessie in die gimnasium of ontspan net met 'n skemerkelkie op die patio of in die dameskroeg. Gaste kan enige van die vele geregte vanaf die a la carte-spyskaart geniet. Daar is 'n wye verskeidenheid om van te kies en te keur en ons is trots op die uitstekende gehalte van ons kos. Neem asseblief kennis dat die restaurant op Sondae gesluit is, maar kos kan verskaf word aan gaste wat op 'n Sondagaand by die gastehuis bly.

Die manjifieke Kaaps-Hollandse stylhuis met sy weelderige tuine is in die skilderagtige Sondagsriviervallei geleë en is ook naby 'n aantal ander privaat wildparke. Ervaar 'n paar uitstekende wildbesigtiging by Addo Olifantpark waar uitstappies op 'n selfry-basis gedoen kan word of 'n begeleide toer gereël kan word.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Heidi K
Besigheidsreis
5.0
Fantasties. Soos altyd was dit uitstekend.
Des 2024
Elize K
5.0
Besoek vir werk. 2de keer en baie tevrede.
Sep 2024
Metos (
Besigheidsreis
5.0
Very neat and homey with a modern vintage vibe to it. Excellent, it was indeed.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Charmaine E
Saam met lewensmaat
4.8
Fantastic. Comfortable and staff very friendly and made us feel welcome on our arrival.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Rupert W
Saam met lewensmaat
4.2
Fantasties. Baie lekker gebly en veilig gevoel. Ontbyt was ook ongelooflik goed.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Jurie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 27

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Sonopstraat 1, Kirkwood, Addo, 6120, Oos-Kaap
  • Gaste dink Kronenhoff het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sonopstraat 1, Kirkwood, Addo, 6120, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNmZDJjMjYwLWMzNDgtNDg0ZS1iNmRkLTY5Yjk2MmJhNGQ0Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense 27 5 1 5 1 Sonop Street Kirkwood 6120 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.40688904742 25.445269346237

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang