Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Knus Karoo Selfsorg Akkommodasie

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bird-straat 94, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Knus Karoo Selfsorg Akkommodasie is 'n selfsorg-eenheid aan die agterkant van die eienaar se woning maar het privaatheid om gerieflike verblyf te verseker en is sentraal geleë in Beaufort-Wes.

Dié eenheid het lugversorging en slaapplek vir 2 gaste en is ingerig met 'n dubbelbed. Die eenheid beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, toilet en wasbak. Daar is 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met Netflix en Showmax geïnstalleer. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Sonpanele word gebruik om onaangeraak te bly deur kragonderbrekings.

Die kombuis is toegerus met 'n yskassie, mikrogolf, broodrooster, ketel, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die skuifdeure lei na die privaat onderdakarea met buitemeubels en ligte wat met die swembad se kollig sinchroniseer.

Gaste kan ontspan in die lieflike privaat tuin met 'n swembad en braaigeriewe. Veilige, onderdakparkeerplek is op die perseel beskikbaar. Sekuriteitskenmerke sluit alarms, strale, 'n kamerastelsel en gewapende reaksie in.

Kamer-opset

1 Leefarea 1 Badkamer

Leefarea

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Stroomdienste
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Steven M
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly en veilig gevoel. Baie lekker gebly. Voel sommer tuis.
Feb 2025
Nadia P
Saam met lewensmaat
5.0
Absolutely a hidden gem! Beautiful accommodation, very neat and private. Would definitely book again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Veronica B
Saam met lewensmaat
5.0
Hulpsaam, skoon, veilig, gerieflik. Baie lekker, skoon en veilig.
Jan 2025
Yolande S
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome! Beter as baie 4ster verblyfplekke! Dit het my verwagtinge oortref! Silwerskoon, als wat mens moontlik kan benodig is verskaf en bowenal - rus...
Sien meer
Jan 2025
Marlene N
Saam met lewensmaat
5.0
Luuks! Heerlik oorgeslaap. Netjies, skoon en luuks met aandag aan die fynere detail. Onverbeterlik!
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Francois Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Bird-straat 94, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Knus Karoo Selfsorg Akkommodasie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bird-straat 94, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2bbcadb69ea8b7e7a797bfd23133ee6248f9b9f8aba6dc4235c76ac03e6ddb325d2181ec1b6a3adb46d5bc834221b1d20b56?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 26 5 1 5 94 Bird Street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.3519952 22.5841308

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang