Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kalahari Camelthorn Camping and Guesthouse

  • Kapasiteit: 115 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vaal Kameel-straat 95, Askham, 8814, Noord-Kaap
  • Vanaf R600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kalahari Camelthorn Camping and Guesthouse is in Askham geleë en bied gaste ontspanne verblyf in 'n stil omgewing onder die skaduryke bome met 'n verskeidenheid voëls.

Gaste kan kies tussen 4 Camelthorn-kampeerplekke wat 'n maksimum van 6 gaste en slegs 1 voertuig per staanplek kan akkommodeer. Elke staanplek het sy eie braaigeriewe, water, elektrisiteit en aangewese ablusiegeriewe. Die ekstra staanplek, nommer 5, is ook beskikbaar as ablusiegeriewe gedeel word met vriende wat saam kamp. Elkeen van die staanplekke is skadu en het sy eie grasperk. Daar is 'n boma beskikbaar sodat gaste 'n vuur onder die Kalahari-sterre kan maak.

Die Camelthorn Gastehuis bestaan uit 2 eenhede. Albei het lugversorging en privaat en suite-badkamers met storte, wasbakke en toilette. Daar is ook 'n buitekombuis en elke eenheid het privaat braaigeriewe.

Die gesinseenheid het 2 slaapkamers, een met 'n dubbelbed en een met 'n driekwartbed. Daar is ook 'n ingangsportaal met 'n yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n mikrogolfoond. Dié eenheid het sy eie eetarea met onderdakbraaigeriewe vir beskerming teen die Kalahari-son in 'n boomryke area.

Kalahari Eenheid 2 het 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 driekwartbeddens omskep kan word. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die eenheid het 'n kombuisie wat toegerus is met die basiese verhitting en eetgeriewe, asook 'n klein eetarea. Onderdakbraaigeriewe met 'n buitekook- en opwasarea is beskikbaar. Dit word omring deur skaduryke bome.

Kameeldoringhout, vuuraanstekers en ys is op die perseel te koop.

Daaglikse skoonmaakdienste is teen ekstra koste beskikbaar. Gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Kalahari Camelthorn Camping and Guesthouse is omhein, sodat kinders veilig kan hardloop en speel.

Gaste kan gaan stap of met hul eie fietse rondry. Askham het ook verskeie bergfiets- en 4x4-roetes. Die omgewing is ideaal vir sandplankry of baljaar in die Soutpan. Nabygeleë besienswaardighede sluit die Meerkat Sanctuary en 'n werkende kameelplaas in. Gaste moet hierdie aktiwiteite vooraf bespreek.

Askham se sakekern is binne stapafstand en is oop van 08:00 tot 17:00. Die Diamond T-koffiewinkel is om die draai en bedien ontbyt, middagete of vroeë aandete en wegneemetes. Dié koffiewinkel is ook oop van 08:00 tot 17:00 en op Saterdae van 09:00 tot 14:00. Hulle is op Sondae gesluit.

Askham het 'n slaghuis met die heerlikste biltong en droëwors en 'n groot verskeidenheid vleis. Kaap Agri en KLK is naby genoeg en het vulstasies. Daar is ook 'n Trading Post alles-in-een winkel en drankwinkel naby.

Askham het ook 'n gesondheidskliniek waar 'n suster 24/7 op roep is.

Kalahari Camelthorn Camping and Guesthouse is 180 km noord van Upington, 73 km vanaf die Kgalagadi-oorgrenspark, 83 km vanaf Rietfontein-grenspos en 15 km vanaf Bokspits, die Botswana-grenspos.

Daguitstappies na die Kgalagadi-oorgrenspark kan ook op versoek bespreek word.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.8
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Rene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Vaal Kameel-straat 95, Askham, 8814, Noord-Kaap
  • Gaste dink Kalahari Camelthorn Camping and Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 115 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vaal Kameel-straat 95, Askham, 8814, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA565eff3ef3063acc27ca31adbc0ff59294034b53168cd2bd2880fc7187393f27fd1f89046c3bcb63e2735eddd088c18f3b76?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag, vir 2 mense 17 5 1 5 95 Vaal Kameel Street Askham 8814 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.981494314158 20.782054969575

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang