Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kaalvoet Koppies Oord

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Roodekopjes Plaas, Brits, 0250, Noordwes
  • Vanaf R544 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Kaalvoet Koppies Oord bied 'n bosveld-ervaring met baie voëllewe en wildspesies. Die plaas is 7 km buite die dorpie Brits geleë.

Verblyf word gebied in 3 chalets wat elk 2 gaste kan akkommodeer en spog met 'n kas en lugversorging. Klipspringer het 1 koningingrootte-bed en Jacuzzi buite. Zebra en Tsessebe is 2 chalets wat langs mekaar gebou is. Die badkamers het elkeen 'n stort, wasbak en toilet. Geriewe in die kamer sluit tee- en koffiemaakgeriewe asook 'n yskas, mikrogolfoond en induksie-kookplaat in. Elke chalet het sy eie braaigeriewe buite.

Verdere verblyf word aangebied in die vorm van 10 kampeerplekke met elektriese proppe. Die karavaanstaanplekke is groot genoeg vir 'n karavaan en 'n klein tentjie en maak gebruik van gemeenskaplike ablusiegeriewe wat bestaan uit 4 toilette, wasbakke en storte.

Die oopplan-lapa beskik oor 'n kombuis, 'n eetarea en 'n sitkamer. Die kombuis het 'n dubbeldeur-yskas, stoof met oond, ingeboude kaste, breekware, eetgerei, koffie- en teemaakgeriewe en 'n eetarea asook 'n sitarea. Daar is ook braaigeriewe en 'n boma. Lapa is apart van chalets en word teen 'n ekstra tarief per dag gehuur. Daar is ook 'n klein Lapa langs die dam.

Daar is ook 'n varswaterdam op die plaas wat ideaal is vir visvang. Etes is op versoek beskikbaar. Kaalvoet Koppies is ideaal vir oornagverblyf of vir 'n rustige wegbreek. Dit is ook geskik vir kontrakteurs.

Kaalvoet Koppies is net 30 km vanaf Hartbeespoort met 'n verskeidenheid besienswaardighede.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Cecile T
Saam met vriende
5.0
Baie mooi en netjiese oord. Ligging was perfek aangesien ons kinders by Wagpos aan 'n sportbyeenkoms deelgeneem het. Baie netjies en mooi, was aangena...
Sien meer
Sep 2024
Lizette M
Gesin met klein kinders
5.0
Wonderful, calming and a lot of activities. Calming place and a lot of things for my kids to do.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Eileen M
Saam met lewensmaat
4.8
Netjies rustig en goed vir die siel, dankie. Dit was 'n heerlike rustige verblyf.
Aug 2024
Marius S
4.6
Lekker gebly en sal beslis weer so naak. Heerlik stil deur die week. Uitmuntend skoon en baie netjiese terrein.
Feb 2024
Ria V
Saam met lewensmaat
4.2
Baie lekker en sal definitief weer besoek. Die rustigheid is uitnemend en baie goed om af te skakel van alles en almal.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Lizelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Roodekopjes Plaas, Brits, 0250, Noordwes
  • Gaste dink Kaalvoet Koppies Oord het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Bojanala Noordwes
Vanaf
Vanaf R 544
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 544
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Roodekopjes Plaas, Brits, 0250, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA959a7e07c7b64684c97952e32b7b02f9aaeb0d2c74f15108b5bcda4aeaaa95a7588087860d64f5ddc7ac2156684971994166?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R544 per nag (plek vir 2) 24 5 1 5 Farm Roodekopjes Brits 0250 Noordwes 021 201 8901 14:00-17:00 11:00 -25.614571702234 27.734062710312

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang