Jasmine Cottage
Kry 20% af vir verblyf wat 25 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mussonstraat 48, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 100R880 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Jasmine Cottage is in die rustige woonbuurt Eastcliff, in die kusdorpie Hermanus geleë. Die dorp se natuurskoon, sagte klimaat, buitelugaktiwiteite, ryk blommeryk, en sy nabyheid aan Kaapstad maak dit die ideale basis vanwaar jy die Kaapse Overberg kan verken. Dit is stapafstand vanaf die middedorp, walviskykpunt, sportgronde, kuspaadjie en restaurante.
Die losstaande, 1-slaapkamer-eenheid is op die eienaars se perseel geleë en akkommodeer 2 volwassenes met 'n kind jonger as 2 jaar. Die slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, terwyl die en suite-badkamer met 'n stort toegerus is. 'n Bakkie kan voorsien word vir 'n kind onder 2 jaar oud, maar dit moet vooraf gereël word.
Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, tweeplaatstoof, broodrooster en ketel. Daar is ook 'n klein wasbak. In die sitkamer is daar 'n etenstafel met 2 stoele, 'n rusbank, boeke en 'n TV met Netflix en YouTube. Ander geriewe in die eenheid sluit gratis WiFi, 'n privaat tuin, 'n braai-area en veilige parkeerplek in. Daar is geen wasmasjien nie, maar daar is 'n wassery naby waar gaste se wasgoed teen 'n ekstra koste afgelaai en opgelaai kan word.
Die eenheid het 'n veiligheidshek en alle vensters is toegerus met diefwering. Daar is ook kringtelevisiekameras by die ingang vanaf die straat.
Hermanus het 'n verskeidenheid opwindende natuurlike, kulturele en historiese aktiwiteite wat dit die moeite werd maak om te besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Marinda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 31
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Mussonstraat 48, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Jasmine Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mussonstraat 48, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang