Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Igmi's Place

Selfsorg
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortman-straat 4, Humansdorp, 6300, Oos-Kaap
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 9)

Beskrywing

Igmi's Place is 'n ruim selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Humansdorp. Dit kan 'n goeie opsie wees vir óf 'n groot groep vriende óf familie, want hierdie eiendom spog met 2 patio's met braaigeriewe op elk.

Dié eiendom bied slaapplek vir altesaam 9 gaste op 'n slag en beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed, die vierde kamer het 2 enkelbeddens en die vyfde slaapkamer is ingerig met 'n enkelbed. Die oorblywende 2 badkamers het elk 'n stort.

Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met DStv. Komplimentêre WiFi is beskikbaar.

Buite is daar 2 onderdak-patio's met buitesitplek en 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir gaste om gehaltetyd saam te geniet terwyl die vuur brand. Veilige parkeerplek is beskikbaar in 'n toesluitmotorhuis op die perseel.

Kamer-opset

5 Slaapkamers 4 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

petro Geverifieer

Eiendomme 15

Resensies 55

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Voortman-straat 4, Humansdorp, 6300, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag (plek vir 9)
Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag (plek vir 9)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortman-straat 4, Humansdorp, 6300, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7d2b31eb1bda8370879f423ee6e53055895357058e0a60a8964dbb6d4c9c75a33dfb497902309da751d5b74fa833e257cf07?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 9) 4 Voortman Street Humansdorp 6300 Oos-Kaap 021 201 8901 10:00-19:00 10:00 -34.0272586 24.7759974

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang