Heartstone's Rest Cottage
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 13 Jan 2025 tot 30 Nov 2025.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 213 de La Harpe, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
-
Vanaf
R795R597 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Heartstone's Rest Cottage is in die hartjie van Fouriesburg geleë, binne die eiendom van een van die oorspronklike ou Sandsteen-huise. 'n Perfekte klein kothuis om die stilte van die plattelandse dorpie aan die einde van die dag te geniet, nadat jy die avontuurhoofstad van Suid-Afrika verken het.
Dié kothuis het slaapplek vir 2 volwassenes en 'n kind en is smaakvol gemeubileer met 'n koningingrootte-bed wn Dag Bed in openbare area vir kind of derde persoon. Die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, tweeplaatstoof en oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die sitarea het 'n ¾-dagbed wat ideaal is vir 'n kind.
Die eenheid maak oop na 'n patio met buitesitplek, 'n eierhangmatstoel en 'n Weber-braai. Dit is die ideale plek om 'n oggendkoffie te geniet met die groen tuin voor. Die eiendom is ten volle omhein en veilige parkeerplek binne die eiendom is beskikbaar.
Daar is baie eet-opsies in die dorp, Di Plaastoep-restaurant vir gemaklike etes en kroeg, Toeka vir pizza en wafels, Thyme Restaurant & Café vir iets vars, of Ing by Sandstone vir iets fancy (Besprekings noodsaaklik).
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
1 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 213 de La Harpe, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
Sien meer verblyf in Fouriesburg Drakensberge Vrystaat
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 213 de La Harpe, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang