Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Green Gables Country Inn

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Smith-straat 7, McGregor, 6708, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Green Gables Country Inn is in McGregor, in die hartjie van die Breedevallei-wynstreek geleë.

Die herberg bied gaste 'n keuse van 4 lieflike kamers wat in historiese monumente geleë is, en elkeen van die kamers het 'n privaat ingang. Tee- en koffiemaakgeriewe word in elk van die kamers voorsien, en die kamers maak oop op privaat patio's. Gerieflikheidshalwe word linne en handdoeke voorsien.

Twee van die kamers is in die grasdak Ou Skuur geleë en bied slaapplek aan tussen 2 en 3 mense. Die kamers is ingerig met gemaklike koningingrootte-beddens en 'n enkelbed, en het en suite-badkamers.

Die Manor House-kamer met slaapplek vir 2 kyk uit oor die Ou Meul en is ingerig met 'n dubbelbed. Die kamer het ook 'n en suite-badkamer. Die gesinseenheid is langs die herehuis geleë en bied slaapplek aan 4 mense. Die eenheid is ingerig met 'n koningingrootte-bed, asook 2 enkelbeddens, en maak gebruik van 'n en suite-badkamer.

Gaste kan 'n skemerkelkie geniet op die Manor House-stoep wat oor die dorp en die Langeberge uitkyk, 'n heerlike ete by die restaurant op die perseel geniet, of in die plonspoel afkoel. Die herberg bied WiFi-toegang en fietse is beskikbaar vir gebruik. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

McGregor bied aan gaste historiese staptogte in die dorp, voetslaan-, stap- en fietsroetes, en wynproe by die wynkelders en landgoedere in die area. Gaste kan ook die nabygeleë Vrolijkheid-natuurreservaat besoek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.6

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Sarel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Smith-straat 7, McGregor, 6708, Wes-Kaap
  • Gaste dink Green Gables Country Inn het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Smith-straat 7, McGregor, 6708, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAkEpj3JpKq0WFDINefIKojboshAXGtZIyc5xSOifltteD0Iyux0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 26 5 1 5 7 Smith Street McGregor 6708 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.953156646315 19.820151329041

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang