Gourits River Guest Farm
Kry 15% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2025 tot 30 Sep 2025.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Valsriviermond, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 340R1 989 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Die plaas in die hartjie van die Tuinroete bied verblyf en ekovriendelike kampeerplek en het uitsigte oor die pragtige Gouritsrivier, die vallei en die Langeberge. Ons streef daarna om ons gaste so tuis as moontlik te laat voel terwyl hul hulself verlustig in die rustige atmosfeer op die plaas.
Die gastehuis se kombuis is ten volle toegerus en beskik oor 'n oond, mikrogolf, yskas, en alles wat jy nodig het. Dit is 'n drieslaapkamerhuis. Een van die kamers het 'n en suite-badkamer en die ander twee deel 'n badkamer. Verder is daar 'n lapa en 'n patio, 'n kaggel, eetarea, en selfs 'n swembad sodat daar aan al jou behoeftes voldoen word.
Die Glamping-Eenheid is 'n karavaan wat uniek opgeknap is met 'n klipbadkamer, 'n kombuisie, eetarea, yskas, houtdek, stoepmeubels, 1 dubbelbed en 1 slaapbank.
Die sonsondergange, getjilp van voëltjies, alwynbloeisels en die veraf geroep van visarende maak verblyf by Gourits River Guest Farm onvergeetlik en uniek.
Ons bied 'n groot verskeidenheid doendinge: kanovaarte, bergfietsry (bring asseblief jou eie fiets), 4x4- en vierwielmotorfietsavonture (eie motorfietse), visvang, swem, voëlkyk en stap.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Ryna Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 48
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Valsriviermond, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
- Gaste dink Gourits River Guest Farm het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Valsriviermond, Albertinia, 6695, Wes-Kaap