Goedehoop
-
Kapasiteit: 8 persone
6 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rademanstraat, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Vanaf R1 600 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Goedehoop bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamerkothuis in die middedorp in Witsand. Die kothuis bied oorgenoeg spasie en 'n binnebraai en vermaakarea.
Die kothuis beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 2 sitareas en 'n volledig toegeruste kombuis. Elke slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en daar is 2 matrasse beskikbaar vir kinders. Beide bad- en stortgeriewe is beskikbaar.
Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, oond en stoof, en 'n mikrogolfoond. Die braai- en vermaakarea is weswaarts met groot agterdeure om 'n buiteluggevoel met uitsigte oor die plaasgrond te bied. Daar is oorgenoeg parkeerplek vir motors en bote.
Kom asseblief voorbereid op. Bad- en strandhanddoeke word nie voorsien nie. Linne word voorsien. Opwasmiddel, twee skottelgoedwasseroortjies, twee vadoeke, twee swartsakke en een toiletrol per toilet word voorsien. Geen drinkgoed of kos word voorsien nie, so bring asseblief jou eie koffie, tee, suiker en melk. Bring asseblief ook jou eie draagbare skarnierrooster saam. Vuurmaakhout word nie voorsien nie.
Tydens beurtkrag bied die huis nie sonkrag of enige alternatiewe energie-oplossings nie. Bring asseblief jou eie beligting.
Goedehoop het net 'n elektriese kookplaat en oond, maar 'n binnebraai op die omheinde patio.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
2 x Kindermatras vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Anthea Geverifieer
Eiendomme 10
Resensies 136
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Rademanstraat, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Gaste dink Goedehoop het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 8 persone
6 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rademanstraat, Witsand, 6666, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang