Gentoo 68
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 24 Feb 2025 tot 17 Mrt 2025.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 68 Gentoo Street, Agulhas, 7285, Wes-Kaap
- Vanaf R3 126 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Gentoo 68 is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Agulhas. Dit is 'n ideale opsie vir 'n kuswegbreek in die Overberg aangesien hierdie eiendom 'n entjie van die strand af is en 'n lieflike buitebraai-area het.
Hierdie eiendom kan gemaklik altesaam 8 gaste op 'n slag akkommodeer wat bestaan uit 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Daar is nog 2 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed het en daar is 'n enkelbed met 'n uittrekmatras in die sitkamer. Die tweede badkamer het ook 'n bad en 'n stort.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale eiland met stoele. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Vanuit hierdie kombuis lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met Netflix en Showmax. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is 'n onderdakstoep met 'n buite-eettafel en 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek skep vir gaste om ten volle te ontspan en 'n skemerkelkie te geniet terwyl die vuur brand.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.2/5
Sanelle Geverifieer
Eiendomme 61
Resensies 60
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 68 Gentoo Street, Agulhas, 7285, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Agulhas Struisbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 68 Gentoo Street, Agulhas, 7285, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang