Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Garingboom Guest Farm

Gastehuis
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Garingboom Gasteplaas, Springfontein, 9917, Vrystaat
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Garingboom Guest Farm is 'n eko-vriendelike Karoo-skaapplaas, sowat 11 km van die N1 af op die R715 naby Springfontein in die Suid-Vrystaat geleë. Die skaduryke bome en ononderbroke uitsigte oor die pragtige natuurlike landskappe maak hierdie verblyf die ideale wegbreek-toevlugsoord.

Verblyf word gebied in 3 verskillende kothuise met slaapplek vir tussen 2-5 gaste. Die kothuise is ingerig met óf 'n koningingrootte-bed, 'n dubbelbed óf 2 enkelbeddens, en elkeen beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Geen troeteldiere word toegelaat nie.

Al die kothuise het lugversorging, 'n platskerm-TV, 'n kombuisie, braaigeriewe en onderdakparkeerplek. Begeleide toere op voël-, skoenlapper- en naaldekokerkyk is beskikbaar en daar is ook stap- en fietsryroetes op die plaaspaaie.

Gaste kan in die gemeenskaplike swembad afkoel, die vetplanttuin besoek, of die wildroete stap om Springbokke, Swartwildebeeste, Blesbokke en die pragtige Bergrietbokke te sien. Gaste kan ook 'n heerlike Karoo-lam-aandete aanvra, beskikbaar teen 'n ekstra koste.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Mark H
5.0
Very pleasant stay. Very pleasant. The farm is quiet and has lovely walks available.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Nicolene J
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik, rustig en gesellig! Die verblyfopsie kom al saam van my kinderdae af en ek het die voorreg gehad om die vakansie saam met my man en kind vir ...
Sien meer
Des 2024
Maurits V
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik. Baie lekker gebly. Uitstekende verblyf in 'n interessante en mooi deel van die land. Die Griesels is die perfekte, vriendelike gashere met di...
Sien meer
Okt 2024
Mart L
Saam met vriende
5.0
Rustige plekkie met die mooiste uitsig op die plaas. N pragtige plekkie met uitstekende diens en waarde vir geld.
Jan 2024
Terry-lynne S
Saam met lewensmaat
4.8
Welcoming farm stay. The host was friendly and welcoming, and the unit was clean and comfortable. It's peaceful and relaxing, and we en...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Abrie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Garingboom Gasteplaas, Springfontein, 9917, Vrystaat
  • Gaste dink Garingboom Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Transgariep Vrystaat
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Garingboom Gasteplaas, Springfontein, 9917, Vrystaat
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAafe391ae73250b97191dfab8393635d9c3b66a95222063e7a20737117e1896679dc2040878062c702d0f301fb1743089a512?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense 7 5 1 5 Garingboom Guest Farm Springfontein 9917 Vrystaat 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -30.37348 25.813107

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang