Garden Court B&B
- Kapasiteit: 17 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Berry-straat 53, Queenstown, 5320, Oos-Kaap
- Vanaf R850 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Garden Court B&B bied gerieflike oornagverblyf in 'n lieflike gastehuis wat 'n entjie vanaf Frontier-hospitaal in Queenstown geleë is. Dit kan 'n ideale opsie wees vir 'n oornagplek of korporatiewe reisigers aangesien dit net 'n kort entjie se ry vanaf die middedorp is.
Dié gastehuis bied gaste 'n keuse van 4 dubbelkamers en 2 gesinskamers. Die dubbelkamers is almal ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die gesinskamers 'n dubbelbed sowel as 2 enkelbeddens het. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met óf net 'n stort óf 'n stort en 'n bad.
Boonop het hierdie kamers óf 'n koffiestasie óf 'n kombuisie wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, yskas asook 'n tee- en koffieskinkbord. Vir gaste se vermaak is gratis WiFi en 'n TV in elke kamer beskikbaar.
Gaste het volle toegang tot die uitgestrekte welige tuin, die gemeenskaplike swembadarea asook die braaigeriewe op die perseel. Die eiendom bied ook veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek. Die ligging van hierdie gastehuis is naby bekende skole en die plaaslike gholfklub.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.1/5
Adrian Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 16
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Berry-straat 53, Queenstown, 5320, Oos-Kaap
- Gaste dink Garden Court B&B het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Queenstown Oos-Kaap
- Kapasiteit: 17 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Berry-straat 53, Queenstown, 5320, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang