Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ganora Guest Farm & Excursions

Gastehuis
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ganora Plaas, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Ervaar ware Karoo-gasvryheid op Ganora Guest Farm, 'n werkende skaapplaas 7 km vanaf die wêreldbekende gehuggie Nieu Bethesda. Nieu Bethesda is in die voorheuwels van die majestueuse Sneeubergreeks 60 km vanaf Graaff-Reinet in die Karoo-hartland geleë. Die plaasopstal en gastehuisies skuil diep in die hange van 'n depressie wat in pre-historiese tye deur antieke riviere in die rots uitgekap is. Die omliggende rotsformasies en ryk fossielbeddings op die plaas getuig van die gebeure wat bygedra het tot die vorming van hierdie uitgestrekte en pragtige land.

Verblyf word gebied in B&B-kamers, 'n selfsorgkothuis en 'n boskampterrein vir veldrywaens en -tente.

Die selfsorgkothuis, die Khoi San Cottage, is 'n rustieke dog gerieflike kothuis wat tot 6 gaste kan akkommodeer en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n kombuis en sitarea asook 'n patio en braaigeriewe.

B&B-verblyf word aangebied in Ou Kraal wat standaard dubbel- of tweepersoonskamers bied, en The Shed wat groter dubbel- of tweepersoonskamers bied. Al die kamers het hul eie en suite-geriewe. Hierdie kamers is, soos die kothuis, aanvanklik as skaapkrale, steenkool en enjinkamers gebruik. Nou bied hierdie kamers, met hul dik, ongelyke klipmure, baie gerieflike verblyf, vol rustieke sjarme. Ontbyt is ingesluit by die tarief vir hierdie kamers.

Die groot Bush Campground beskik oor 6 staanplekke met elektrisiteit en 6 nie-geëlektrifiseerde staanplekke. Die staanplekke het braaigeriewe. Die groot ablusiefasiliteit het warmwaterstorte. ’n Hoëvryhoogte of 4x4-voertuig en/of veldrywa word aanbeveel.

Etes kan op versoek voorsien word, teen 'n addisionele fooi, en kan bedien word in die opstal-eetkamer, op die stoep, in die groot eetsaal of soms in die tuin onder die skaduryke bome. Na aandete sal jy die voorreg hê om een van die beste sterrekykgeleenthede in die land te geniet. Daar is 'n swembad, 'n plaasreservoir en 'n plaasdam om 'n duik te neem en af te koel in die warm weer.

Ganora is 'n werkende dohne-merino-skaapstoetplaas, so gaste kan dit geniet om plaasaktiwiteite soos skeer en vee oppas te kyk. Kinders kan dit geniet om die weeslammers te voer. Begeleide toere is beskikbaar vir die Boesman-rotskuns. Fossielpraatjies in 'n privaat museum, fossielwandelings en medisinale plantwandelings kan ook gereël word. Vir die meer avontuurlustiges is daar bergfietsroetes, voetslaan, swem in rivierpoele, voëlkyk, of probeer om Compassberg te klim. Verder kan jy Nieu-Bethesda verken, die Uilhuis en Kameelwerf van Helen Martins besoek, die koffie- en handwerkwinkels geniet of 'n donkiekartoer onderneem. Jy sal ook die manjifieke Karoo-sonsondergange in die uitgestrekte oop ruimtes kan ervaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 82 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Tanya T
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic - we loved it. We had the best time - we felt warmly welcomed, our room was perfect - thank you for the upgrade. The family a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Gregg M
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. Hospitable, friendly and very informative.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Ian S
Gesin met tieners
5.0
Stunning spot to relax and unwind. Our stay was great - the communal meals with other guests were enjoyable - the food was delicious an...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Belinda L
Saam met lewensmaat
4.8
Ideale plek vir rus en vrede. Netjiese verblyf met 'n interessante uitleg. Eienaars was gasvry en Thabo het ons vriendelik ontvang. Dis 'n redelike gr...
Sien meer
Des 2024
Adele L
4.8
Heerlike Karoo kuier! Ons het ons tydjie daar baie geniet. Alles was skoon en netjies en die bed was heerlik warm en gemaklik. Die aanbieding oor foss...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Hester Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 82

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Ganora Plaas, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Gaste dink Ganora Guest Farm & Excursions het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ganora Plaas, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc1ZDFiNWYyLWVlMzItNDJhYy1iYzBhLTdlMzcyOTdiZGYwNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense 82 5 1 5 Ganora Farm Nieu-Bethesda 6286 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -31.854729824151 24.59270156945

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang