Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fynbos

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fabriekstraat 37, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 400 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Fynbos bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n lieflike tuin-eenheid in die hartjie van die Paarl en is ideaal vir 'n gesin of 'n klein groepie vriende.

Dié eenheid het slaapplek vir tot 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en maak gebruik van die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-hoofleefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met Netflix. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Buite is 'n lieflike binnehof met 'n tuin wat braaigeriewe insluit. Gaste kry veilige parkeerplek vir 1 voertuig agter 'n motorhuisdeur. Bykomende parkeerplek is langs die huis of op die pad beskikbaar.

Die ligging van hierdie eenheid is naby verskeie skole, hospitale en plaaslike besienswaardighede van die Paarl. Paarl is bekend vir sy pragtige wynplase, natuurskoon, koffiewinkels, die Afrikaanse Taalmonument en die Paarlberg-reservaat.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 31 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Marietjie N
Gesin met tieners
5.0
Dis vir seker nie die laaste wat Fynbos van ons gesien het nie! Ons het heerlik gebly in Fynbos. Dit is 'n praktiese plek wat in bykans al jou behoeft...
Sien meer
Jan 2025
Madre S
Saam met vriende
5.0
Die verblyf was baie netjies en skoon. Dit het alles wat mens nodig het. Baie lekker gebly hier.
Des 2024
Irma L
Gesin met tieners
5.0
Dankie mooie Paarl. Baie dankie, Juliana is baie gasvry, baie goeie kommunikasie en 'n voorreg om in hulle huis te bly wat alles het wat jy in jou hui...
Sien meer
Sep 2024
Lieb O
Gesin met tieners
5.0
Alles wel. Ja, vir seker 'n lieflike, netjies opgepaste huis.
Sep 2024
Nihanda S
Saam met vriende
5.0
Skoon, netjies en naby alles. Sien sterre.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Juliana Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 39

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Fabriekstraat 37, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink Fynbos het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Paarl Boland Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fabriekstraat 37, Paarl, 7646, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA03df132bfb457d69a7a890751a3298cb332286436577d95500818b30abb435d5ec47ce2a89b6508af82133726959ab45d41c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag, vir 6 mense 31 5 1 5 37 Fabriek Street Paarl 7646 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -33.727651969002 18.9648485

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang