Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Funane Wildsplaas - Chalets

  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R511 Brits-weg, Brits, Beestekraal, 0250, Noordwes
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Funane Wildsplaas - Chalets is in die Bojanala-distriksmunisipaliteit in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika geleë.

Die plaas bied natuur- en natuurlewe-entoesiaste die kans om uitgestrekte gebiede van bosveld-wildernis te verken, die tuiste van 'n wye verskeidenheid unieke flora en fauna. Die verblyf wat aangebied word sluit in Swarthaak Chalets 1 en 2, Swarthaak Chalets 3 en 4, en Karee Damhuis.

Swarthaak Chalets 1 en 2 is ingerig met 'n dubbelbed en 'n stapelbed vir kinders onder 12 jaar. Swarthaak Chalets 3 en 4 is ingerig met 4 enkelbeddens. Elkeen van hierdie chalets beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien. Die kombuisie in chalets is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n tweeplaatstoof en mini-oond, 'n yskassie, asook eetgerei en breekware. Elke chalet het ook 'n braai-area waar besoekers kan ontspan en die geluide van die bosveld kan inneem.

Karee Damhuis is 'n bekoorlike grasdak-hut, ideaal vir 'n romantiese ontsnapping, gemeubileer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien. Die kombuisie is goed toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n yskassie, 'n tweeplaatstoof en mini-oond, asook 'n broodrooster, ketel, breekware en eetgerei. Die oopplan-hut beskik oor braaigeriewe en asemrowende uitsigte oor die dam.

Funane Wildsplaas spog met addisionele kampeer of karavaan (eie kamptoerusting) vir avontuurlustige besoekers 500 m van die chalets af.

Daar is 'n lapa met oorgenoeg sitplek, 'n pooltafel en 'n braai-area waar gaste kan terugsit, ontspan en die bosveld-ervaring geniet. Gaste is ook welkom om die doendinge op die perseel te geniet, wat swem, fietsry, voëlkyk en voetslaan insluit. Daar is 'n lieflike speelarea vir kinders, wat dit die ideale wegbreek vir gesinne maak.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Heleen Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 10

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • R511 Brits-weg, Brits, Beestekraal, 0250, Noordwes
  • Gaste dink Funane Wildsplaas - Chalets het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Bojanala Noordwes
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R511 Brits-weg, Brits, Beestekraal, 0250, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9ee50e5f5e1fa5eb19fde52c9b034bff0e60b4f585ff20164306cf8931530702b71f1c2b42e778da36c686038a0b06c1376e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 2) 10 5 1 5 R511 Brits Road Brits 0250 Noordwes 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.386735307412 27.602173282014

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang