Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Flamingo Park

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoofstraat 38, Langebaan, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 350 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Flamingo Park is 'n knus selfsorg vakansiewoonstel op die eerste verdieping in die hartjie van Langebaan. Dit kan 'n wonderlike plek wees om aan die Weskus te ontspan, want dit is naby die hoofstrand en die restaurantsentrum geleë.

Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. 'n Bad, stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne word voorsien; gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Deur die skuifdeur is daar 'n sonnige balkon met 'n ingeboude braai wat uitsigte oor die swembadarea van die kompleks bied. Doendinge in die area sluit pragtige strandwandelings, vlieër, branderplankry, kajak, stap, draf, fietsry en gholfspeel in.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Lourika N
5.0
Carefree, well rested. Our host is very hospitable. Cottage is well equipped. TV has basic channels. Close to restaurants and amenities...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Genelle C
Gesin met tieners
5.0
Wonderful. Wonderful. Perfect location.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Zodwa G
Gesin met klein kinders
5.0
Beautiful environment, nice and quiet, most I love about it. Wonderful, quiet place and safe for the children. Walking distance to Sunn...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Hannalene S
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik rustig. Baie lekker gekuier. Die woonstel is sentraal geleë en ons kon stap na al die plekke waar ons wou wees.
Mei 2024
Ronel V
5.0
Lekker sentraal geleë plekkie in Langebaan, stap afstand van die strand! Die woonstel is sentraal geleë, stap afstand van die strand, restaurante en d...
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Caryn Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Hoofstraat 38, Langebaan, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Flamingo Park het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoofstraat 38, Langebaan, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA46a21938da793ee7c6368fcb5e10e053b04efc2fad9be56e7e83baefc35f93dccb68b8fbc85c24b81b3563c2ad4ab06706ba?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag (plek vir 4) 14 5 1 5 38 Main Street Langebaan 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -33.092056288499 18.032624721565

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang