Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ferrous Nest

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Moira-straat 15, Oceanview Heights, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 500 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Ferrous nest is 'n knus woonstel op die grondvloer van die eienaar se huis in die bekoorlike kusdorpie Struisbaai, Wes-Kaap. Die woonstel bied veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek en is ideaal vir enigiemand wat op soek is na 'n gerieflike blyplek of net 'n ontspanne wegbreek. Die eenheid gebruik sonkrag.

Die woonstel is geskik vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n TV en 'n see-uitsig. Die tweede slaapkamer is ingerig met 2 driekwartbeddens en 'n TV. Hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Geniet die asemrowende uitsigte vanaf die oopplan-leefarea wat gemaklike sitplek, WiFi en 'n kombuisie het. Die kombuisie is toegerus met eetgerei, 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n broodrooster, 'n elektriese braaipan, 'n induksieplaat en 'n lugbraaier.

Gaste het toegang tot 'n lieflike braai-area waar hout, tang asook 'n braairooster voorsien word. Die eienaar het 3 vriendelike katte wat die gaste vlugtig kan kom groet gedurende die dag.

Struisbaai, die tuiste van die langste ononderbroke strand in die Suidelike Halfrond, bied baie gewilde visvangplekke en ander buitelugaktiwiteite. Dit is welbekend vir sy oulike witgekalkte vissershuise wat by die dorp se ingang geleë is. Die talle indrukwekkende besienswaardighede is 'n aantrekkingskrag vir beide kunstenaars en fotograwe.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Braai
Vuurmaakhout

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Annette V
Saam met lewensmaat
5.0
Waarde vir geld. Ferrous Nest is 'n klein, knus plekkie en baie netjies. Die braaiplek is pragtig met seeuitsig, maar ons kon nie daarvan gebruikmaak ...
Sien meer
Feb 2025
Neil A
Saam met lewensmaat
5.0
Het die rustigheid baie geniet. Ja, het beslis lekker gebly, baie rustig.
Nov 2024
Arthur P
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic. Verblyf was uitstekend.
Okt 2024
Corinne B
Saam met lewensmaat
5.0
We received a very warm welcome, accommodation was neat & clean. Sea view stunning. Relaxing, safe, clean.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Karen R
4.8
Heerlike wegbreek. Uitsig op see was pragtig en heerlik gebly, baie dankie!
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Vanessa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Moira-straat 15, Oceanview Heights, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ferrous Nest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Moira-straat 15, Oceanview Heights, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf6cc495557ce5c45f0430286d5c4a76e6c4cb0bba7c22996ada5289073f5d3259560bd53c7eb2e10bdf5828295e2ba8e0b70?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag, vir 4 mense 15 5 1 5 15 Moira Street Oceanview Heights 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.811179531811 20.03008154841

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang