Feather Self Catering Accommodation
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Anton Lubowski-straat 37, Windhoek, Namibië, 0000, Khomas
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Feather Self Catering Accommodation is 'n knus moderne en veilige eenheid geleë op die eienaar se eiendom met sy eie ingang in Windhoek, Namibië.
Dié eenheid het slaapplek vir 2 gaste en bestaan uit 'n slaapkamer, 'n badkamer, 'n ruim kombuis en 'n sitarea. Die slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n wasmasjien, stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei en breekware asook 'n 2-sitplek-eetkamertafel. Die knus sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met 'n verskeidenheid DStv-kanale. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste kry veilige parkeerplek vir 1 voertuig. Hierdie eiendom is naby die middestad, Virgin Active-gimnasium, 'n winkelsentrum en 'n museum.
Kamer-opset
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Bernadette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Anton Lubowski-straat 37, Windhoek, Namibië, 0000, Khomas
- Gaste dink Feather Self Catering Accommodation het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Anton Lubowski-straat 37, Windhoek, Namibië, 0000, Khomas