Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Family Guest House

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Murraystraat-Noord 39, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Family Guest House is in Middelburg, Oos-Kaap geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede. Verblyf word gebied in 'n keuse van óf die hoofhuis met 3 slaapkamers, die oornagkamer, óf 'n selfsorgwoonstel.

Elke slaapkamer in die hoofhuis het 'n dubbelbed en die hoofslaapkamer het 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede, aparte badkamer het 'n bad, toilet en wasbak. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Dit het ook 'n aparte opwaskamer met opwasgeriewe. Die sitkamer het gemaklike rusbanke asook 'n TV met DStv, en 'n eetarea met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet.

Daar is lieflike braaigeriewe en 'n swembad beskikbaar vir gaste se gebruik tydens hul verblyf.

Die oornagkamer het 'n dubbelbed en 'n privaat badkamer met 'n stort. Die kamer beskik ook oor 'n yskas en mikrogolf.

Die woonstel is ingerig met 2 driekwartbeddens en die badkamer het 'n stort. Boonop het die eenheid 'n yskas, mikrogolfoond en 'n stoof.

Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 82 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Riaan V
Gesin met klein kinders
5.0
Baie goeie gastehuis. Alles puik. Reeds bespreek vir volgende reis. Baie, baie goeie gastehuis. Diens is van familie-gehalte. Susan het ons sommer mak...
Sien meer
Jan 2025
Lucinda M
5.0
Rustig en vriendelik, waarde vir geld. Pragtige plek, vriendelike gasvrou, genoeg spasie vir 'n groot groep. Was 'n plesier om hier te kon oornag.
Jan 2025
Heleneze V
Gesin met tieners
5.0
Gerieflike oornag verblyf. Ons het baie lekker gebly.
Jan 2025
Pieter B
Saam met lewensmaat
5.0
Dit is 'n baie gerieflike oornag rusplek vir 'n lang reis. Ons het lekker en gerieflik gebly.
Jan 2025
Nadine S
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker en veilig. Baie lekker gebly en baie veilig.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Johan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 82

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Murraystraat-Noord 39, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Gaste dink Family Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Murraystraat-Noord 39, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAzRj0EinOl330rB2wIJCR0Vp6oYa5watowsBFG7LFvk5mnIkSYx?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 2) 82 5 1 5 39 Murray Street North Middelburg 5900 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.489247617219 25.005716629144

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang