Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fairway Corner

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
    8 volwassenes, 1 baba
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Zeekoekraal 71, Theewaterskloof Golf Estate, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 050 per nag (plek vir 9)

Beskrywing

Fairway Corner is 'n gerieflike selfsorgvakansiehuis in die 24-uur-toegangsbeheerde Theewaterskloof Gholflandgoed wat sowat 8 km vanaf Villiersdorp is. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n groot gesin of 'n groep vriende aangesien hierdie landgoed 'n 9 putjie-gholfbaan het.

Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir 8 gaste op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers asook 1 gastetoilet. Die hoofslaapkamer met lugversorging is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n volledige en suite-badkamer met 'n hoekbad en stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-stort, die derde slaapkamer het ook 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed. Nog 'n bad en stort is beskikbaar in die derde badkamer.

Die knus leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, lugbraaier, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale eiland met stoele. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër ook beskikbaar. Vanuit die kombuis lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir almal om hul etes saam te geniet. Langs hierdie eetarea is 'n formele sitkamer met gemaklike sitplek. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Boonop het hierdie huis 'n tweede sitkamer met gemaklike sitplek, 'n kaggel, 'n platskerm-TV (gaste moet hul eie DStv-dekodeerder saambring) en 'n ingeboude binnebraai wat 'n wonderlike plek is vir gaste om gehaltetyd saam te geniet. Buite is 'n tuin met 'n gazebo en veilige parkeerplek vir gaste se voertuie. Die landgoed is aan die oostelike oewer van die Theewaterskloofdam geleë en het ook gemeenskaplike tennisbane en 'n swembad, visvang- en bootgeriewe asook 'n klubhuis met 'n kroeg.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 4 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

3

1 x Koningingrootte-bed

1 x Kinderbedjie

Stort, Bad, Toilet met bidet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Marinel W
Gesin met klein kinders
5.0
Fantastiese verblyf 110%! Sien uit om weer terug te keer. Ons het heerlik gebly by Fairway Corner. Die huis was baie goed ingerig, baie netjies, alles...
Sien meer
Des 2024
Dorrie S
Gesin met klein kinders
5.0
Good. The stay was good. Lucille was very accommodating in all ways.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Annalene V
Gesin met klein kinders
5.0
Ons gasvrou het baie moeite gedoen. Baie dankie! Die perfekte bymekaarkom plek gewees vir ons gesin. Gebruik van die fasiliteite by die gholfstaat was...
Sien meer
Nov 2024
Tyrone J
Saam met vriende
5.0
Absolutely brilliant! Absolutely fantastic. The house was perfect, but the hospitality and friendliness of the owners just stole the sh...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Wilna B
Saam met vriende
5.0
Wonderlike plekkie. Heerlike blyplek, home away from home met alles wat jy by jou huis het. Lucille is 'n hands-on gasvrou.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Lucille Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 10 maande

Ligging

  • Zeekoekraal 71, Theewaterskloof Golf Estate, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
  • Gaste dink Fairway Corner het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 050
per nag (plek vir 9)
Vanaf
Vanaf R 3 050
per nag (plek vir 9)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
    8 volwassenes, 1 baba
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Zeekoekraal 71, Theewaterskloof Golf Estate, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA167c96433d3d3bbce8fcde22159e310632345114ba649e5094eae46c8729a5aaa14ab49849ee561da5a19080989d8a817f48?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 050 per nag (plek vir 9) 7 5 1 5 71 Zeekoekraal Theewaterskloof Golf Estate 6848 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 12:00 -34.053126331056 19.286862500295

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang