Eyeview Hikers Camp
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Olievenfontein Plaas, R52, Koster, 0348, Noordwes
- Vanaf R4 000 per nag, vir 20 mense
Beskrywing
Eyeview Hikers Camp is in Koster in Noordwes geleë en bied 'n rustige en stil omgewing in die bos bo-op 'n yslike heuwel.
Dié kampeerterrein kan tot 20 gaste akkommodeer. Die kampeerterrein beskik oor enkelbeddens en gaste het toegang tot gedeelde badkamergeriewe met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike kombuis wat toegerus is met 'n tweeplaatgasstoof, maar moet hul eie handdoeke, linne, eetgerei en breekware voorsien. 'n Gemeenskaplike boma is ook beskikbaar met onderdak, ingeboude braaigeriewe asook 'n gemeenskaplike swembad. Warm water word vanaf die donkie buite voorsien. Hout word deur eienaars verskaf, maar die donkie moet deur stappers bestuur word.
Vir diegene wat die plaaslike area wil verken, is Eyeview Hikers Camp gerieflik geleë naby verskeie besienswaardighede en doendinge, wat dit 'n uitstekende keuse maak vir 'n aangename wegbreek in Noordwes.
Kamer-opset
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
alwin Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 71
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Olievenfontein Plaas, R52, Koster, 0348, Noordwes
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Olievenfontein Plaas, R52, Koster, 0348, Noordwes