Eselfontein Gasteplaas
Kry 25% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 15 Jan 2025 tot 30 Mrt 2025.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rante Pad, Eselfontein, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
-
Vanaf
R1 800R1 350 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Eselfontein Gasteplaas is gevestig op die plato van die Nuweveldbergreeks 30 km buite die bekoorlike Karoodorp Fraserburg. Die gastehuis bied gerieflike en rustige selfsorgverblyf op 'n werkende skaapplaas.
Die plaashuis beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer en 'n volledig toegeruste kombuis. Die eerste slaapkamer beskik oor 1 dubbelbed. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Die gedeelde badkamer het 'n bad en stort. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolf, elektriese braaipan, broodrooster en ketel. Bykomende geriewe sluit 'n swembad, buite- en binnebraai-areas, 'n AGA-stoof en onderdakparkeerplek op die perseel in.
Die gastehuis is op 'n werkende plaas geleë en gaste kan deelneem aan skaapskeer, skape bymekaarmaak, trekkerry, en vele meer. Ander doendinge sluit swem, voetslaan, fietsry, motorfietsroetes, 4x4-roetes en fossielopsporing in.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Pieter Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 38
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Rante Pad, Eselfontein, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
- Gaste dink Eselfontein Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Fraserburg Karoo Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rante Pad, Eselfontein, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang