Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Drie Pikkewyne

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Bob Bouwer-singel 23, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 440 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Drie Pikkewyne bied bekoorlike selfsorgverblyf aan die strandfront in Bayview, Hartenbos, met 'n asemrowende uitsig oor die baai.

Verblyf word in 3 eenhede wat elk slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders het, gebied. Die eenslaapkamereenheid het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Daar is 'n slaapbank vir die kinders in die sitarea. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke en swemhanddoeke saambring.

Elke eenheid het 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof, mikrogolfoond, broodrooster, elektriese braaipan, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Dit strek na 'n eetarea en lei verder na die sitarea met gemaklike rusbanke en 'n binnebraai-area. Daar is ook 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die groot, privaat stoepe het sitplek en see-uitsigte. Veilige parkeerplek vir 1 voertuig is op die perseel beskikbaar. Die verbkyf bied privaat trappe na die strand en het 'n rugsteunkragstelsel.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Neels R
Saam met lewensmaat
5.0
Ontspan met pragtige uitsig oor die see. Baie lekker ontspan. Pragtige uitsig vanuit slaapkamer en sitkamer.
Feb 2025
Piet T
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gekuier, pragtige plek en mooi see uitsig. Ons het baie lekker gebly, plek is skoon, veilig en het alles wat jy nodig het. Waarde vir geld...
Sien meer
Feb 2025
Karen M
Gesin met klein kinders
5.0
Pragtige uitsig. Privaat toegang tot die strand. Ons het baie lekker gebly. Heerlike groot stoep en pragtige see uitsig.
Des 2024
Henry B
Saam met lewensmaat
4.8
Awesome gewees. Ons het baie lekker gebly. Sal weer daar oor bly.
Feb 2025
Tobie O
Saam met lewensmaat
4.6
Heerlik en fantastiese uitsig. Baie lekker gebly, goeie ligging en fantastiese uitsig.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Marike Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 7 maande

Ligging

  • Bob Bouwer-singel 23, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Drie Pikkewyne het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 440
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 440
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Bob Bouwer-singel 23, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbfd9c2f8002b3cf4ff10e4366f5cd2857ca850c2c335a5c6b1c87b48d0af4f8c8169cd6722f56c00ea1dcfb1e32003d8fa41?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 440 per nag (plek vir 4) 6 5 1 5 23 Bob Bouwer Crescent Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -34.141173119004 22.111604462772

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang