Dolphins' Playground Beachfront B&B
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tillamook-laan 3, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R1 590 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Dolphins' Playground Beachfront B&B bied gehalteverblyf met manjifieke see-uitsigte in die kusdorpie Plettenbergbaai. Die skilderagtige dorpie spog met asemrowende strande, insluitend 'n Blouvlagstrand met lieflike uitsigte en warm water.
Verblyf word gebied in 'n keuse van 3 luukse suites met lieflike uitsigte oor die see en berge. Al die slaapkamers is ingerig met 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Geriewe in die kamer sluit 'n TV met DStv, koffie- en teemaakgeriewe, 'n haardroër, verwarmer en waaier in. Die slaapkamers maak oop op 'n lieflike terras met sonstoele.
Die oopplan-leefarea beskik oor gemaklike sitplek, 'n TV, kaggel, asook 'n etenstafel. Die sitkamer maak oop op die dek waar gaste ontbyt, 'n verfrissende drankie kan geniet of bloot kan ontspan.
Besienswaardighede in die area sluit Robberg Natuurreservaat, Plett Monkeyland, Blouvlagstrande, restaurante, asook boetiekwinkels in, terwyl doendinge kajakvaart, kanovaart, voetslaan in die woud of bootritte insluit.
Neem asseblief kennis dat geen matrieks toegelaat word nie.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Pam Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Tillamook-laan 3, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Dolphins' Playground Beachfront B&B het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tillamook-laan 3, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap