De Nada Venue
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Welgelegen 489, Fauresmith, 9978, Vrystaat
- Vanaf R600 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
De Nada Venue is 'n rustige en pragtige plaas geleë in die distrik van Fauresmith, die tweede oudste dorp in die Vrystaat. Fauresmith is die enigste dorp in Suid-Afrika, en een van slegs drie in die wêreld, waar die spoorlyn in die middel van die hoofpad loop.
Gaste kan kies uit 4 individueel ontwerpte eenhede wat elk 2 gaste akkommodeer. Die eenhede deel 'n gemeenskaplike ablusieblok. Gratis WiFi en veilige parkeerplek asook tee- en koffiemaakgeriewe is beskikbaar.
Dit is een van die mooiste plase in die distrik, omring deur bome en rante. Die rustige stilte, die geluide van plaasdiere en die sterrehemel is alles goed vir die siel. Dit is die ideale plek vir 'n rustige naweekwegbreek, ideaal vir motorfietsryers en stappers, en 'n paradys vir voëlkykers.
Die venue se kombuis is beskikbaar indien nodig en beskik oor n yskas, vrieskas, 'n stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is n lieflike stoep waar gaste by tafeltjies kan sit.
Buite kan gaste braaigeriewe en 'n lieflike boma-area geniet. Hout vir boma is beskikbaar teen ekstra koste. Fauresmith is 5km van die plaas geleë
met n drankwinkel, supermark, slaghuis, deli en restaurant.
Brandstof beskikbaar vanaf 7vm tot 6nm weeksdae en naweke slegs Sat tot en met 12vm.
Jagersfontein is 8km van die plaas geleë en beskik oor n lieflike gholfbaan.
Brandstof is daagliks beskikbaar van
7 vm tot 7 nm.
Die plaas is 120km vanaf Bloemfontein en 150km vanaf Kimberley geleë.
Kampeer plek beskikbaar op aanvraag
Geen kuiergaste sonder vooraf toestemming nie.
Kontak eienaar vir enige spesiale versoeke.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Welgelegen 489, Fauresmith, 9978, Vrystaat
Sien meer verblyf in Fauresmith Karoo Vrystaat
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Welgelegen 489, Fauresmith, 9978, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang