Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cronin Luxury Accommodation

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cronin-weg 40, Hadison Park, Kimberley, 8301, Noord-Kaap
  • Vanaf R674 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Cronin Luxury Accommodation bied gerieflike oornag- en selfsorgverblyf in die hartjie van Hadison Park, Kimberley. Dit kan 'n ideale opsie wees vir óf gesinne óf korporatiewe reisigers.

Hierdie eiendom bied gaste 'n keuse van óf 'n gastekamer met slaapplek vir 2 óf 'n ten volle selfsorg-eenheid wat 2 volwassenes en 2 kinders op 'n slag kan akkommodeer. Die gastekamer is ingerig met 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die selfsorg-eenheid beskik oor 'n slaapkamer met lugversorging en 'n dubbelbed. Hierdie eenheid sluit 'n dubbelslaapbank vir kinders in die leefarea in. Albei eenhede het 'n privaat badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.

Die gastekamer het 'n yskassie asook 'n tee- en koffieskinkbord, terwyl die selfsorg-eenheid 'n kombuis het wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Gratis WiFi en 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale is in albei eenhede beskikbaar.

Buite het alle gaste toegang tot braaigeriewe asook veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek op die perseel. Die ligging van hierdie eiendom is naby skole, kerke en winkelsentrums.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Openbare vervoer naby

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Enalien S
Saam met lewensmaat
5.0
Waarde vir geld. Dit was bitter netjies en baie gerieflik met ons vriende wat die kamer langs ons gedeel het. Waarde vir geld en sal definitief weer d...
Sien meer
Feb 2025
Sanette S
Gesin met tieners
5.0
Pragtige skoon toegeruste plek - sal enige tyd weer daar bespreek. Ons het ongelooflik lekker gebly. Pragtige plekkie! Bespreek hom, dit is skoon, net...
Sien meer
Jan 2025
Evert B
5.0
Goeie ligging, gemaklike verblyf teen 'n bekostigbare prys. Baie netjies en goed geleë. Goeie waarde vir geld.
Aug 2024
Karin E
5.0
Baie gerieflike en aangename plek om te bly. Twee pragtige mense wat baie bystand en omgee getoon het tydens my onbeplande besoek weens siekte van 'n ...
Sien meer
Apr 2024
Carina V
Gesin met klein kinders
4.8
Veilige, skoon plekkie. Ons het baie lekker geslaap, veilige woning met 'n skoon plekkie en beddegoed. Al negatiewe punt is, die ander gaste langsaan ...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Wimpie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Cronin-weg 40, Hadison Park, Kimberley, 8301, Noord-Kaap
  • Gaste dink Cronin Luxury Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 674
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 674
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cronin-weg 40, Hadison Park, Kimberley, 8301, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAad5f17ce12d343aa6481d465a3a4754c85471e6aafaf6ef4b50f9a2df82633f588310581d9b2d6b0421bdaf6f305d9c3232e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R674 per nag (plek vir 2) 8 5 1 5 40 Cronin Road Hadison Park 8301 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -28.753737634221 24.745577970667

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang