Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cherry House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heynsstraat 58, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Cherry House is in die dorpie Fouriesburg geleë, 'n skilderagtige dorpie tussen die Malutiberge.

Die Cherry House kan altesaam 13 mense akkommodeer in 4 verskillende eenhede waarvan basiese selfsorggeriewe bied. Elke eenheid beskik oor gratis WiFi, privaat ingange en veilige onderdakparkeerplek.

Die Shack beskik oor 2 kamers wat geskik is om tot 5 mense in totaal te akkommodeer. Die hoofkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 1 enkelbed en 'n stapelbed. Albei kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die eenheid het 'n volledig toegeruste kombuis, sitarea en 'n kaggel.

Die Lavender Cabin het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed. Die badkamer is toegerus met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n tweeplaatstoof, 'n yskassie, mikrogolfoond, eetgerei, tee- en koffiemaakgeriewe en breekware. Die kajuit maak oop op 'n lieflike patio-area met 'n bankie.

Rosemary Kamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Die kamer beskik ook oor tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolfoond en 'n yskassie. Die kamer het baie vensters wat natuurlike lig inlaat en vanwaar mens 'n pragtige uitsig oor Meiringskloof kan geniet.

Jasmine Room bestaan uit 2 aparte kamers, waar 4 mense kan slaap. Die eerste kamer is ingerig met 'n dubbelbed. Die tweede kamer is ingerig met 2 enkelbeddens. Die eenheid het 'n badkamer met 'n bad, 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Die eenheid beskik oor tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolfoond en 'n yskassie.

Die area bied ook baie doendinge vir gaste, insluitend 'n verskeidenheid restaurante, perdry, 4x4-roetes, vierwielmotorfietsry, fietsry, voetslaan, bergfietsry, visvang, en gholfspeel asook wyn-, jenewer- en bierproe.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 89 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Ilonka P
Saam met lewensmaat
5.0
Gemak, rustig en vreedsaam. Ons is vriendelik verwelkom, en dadelik na die goed ingerigte, pragtige Jasmyn Woonstel gevat. Die plekkie is pragtig en n...
Sien meer
Feb 2025
Yvonne D
Besigheidsreis
5.0
Rustige besigheidsreis. Baie lekker, laat geboek, vriendelik verwelkom.
Jan 2025
Lillian T
Saam met vriende
5.0
Cosy, comfortable. Beautiful cabin with gorgeous decor and furnishings. Comfortable in every aspect.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025
Nakita G
Besigheidsreis
5.0
Lovely place to stay with a great bed and shower. Well maintained property with great attention to detail. Comfortable bed and great sh...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Hannetjie K
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik heerlik heerlik! Dis altyd lekker om by Elsa te bly!
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Elsa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 89

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Heynsstraat 58, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Gaste dink Cherry House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heynsstraat 58, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA81021fed965acfbffcd0a03a955db02cb9119428dded49633bb86d0721d57f0f1355ba311b8b9ed344db7fa2139ef5be17c7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 89 5 1 5 58 Heyns Street Fouriesburg 9725 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -28.620013053256 28.215332471632

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang