Carmel Villa
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pastoriestraat 19, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Carmel Villa B&B of Selfsorg is in die dorpie Calvinia in die Noord-Kaap geleë. 'n Perfekte wegbreek vir diegene wat 'n vakansie weg van die stadslewe of 'n oornagplek op pad na die Kgalagadi soek.
Die verblyf beskik oor 3 B&B-kamers en 2 selfsorg-chalets. Die B&B-kamers is in die Victoriaanse hoofhuis, waarvan 2 koningingrootte-beddens het en 1 'n enkelkamer met aparte badkamer. Die hoofhuiskamers is toegerus met lugversorging en elektriese komberse.
Die 2 selfsorg-chalets is apart van die Victoriaanse Hoofhuis, Chalet 1 beskik oor 'n koningingrootte-bed en Chalet 2 beskik oor 2 kamers waarvan die een 2 enkelbeddens het en die ander 'n dubbel- en enkelbed. Elke chalet het 'n kombuisie en braaigeriewe.
Gaste het ook toegang tot DStv, onbeperkte vesel-Wi-Fi, 'n plonspoel en veilige parkeerplek.
Carmel Villa is stapafstand van 2 nabygeleë restaurante, die inligtingskantoor en die middestad af. Doendinge in die omgewing sluit voëlkyk, fietsry, begeleide staptogte en bergfietsry in. Plaaslike besienswaardighede sluit die Calvinia Museum, Die Akkerendam Natuurreservaat, Die Boekhuis en Die Hantam Vleisfees in wat elke jaar aan die einde van Augustus plaasvind.
Carmel Villa is 'n 3-ster-instansie wat deur die Tourism Grading Council of SA (TGCSA) in die Bed-en-ontbyt-kategorie gegradeer is en word ook as hoogs aanbeveel deur die AA gegradeer.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Gezina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 183
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Pastoriestraat 19, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
- Gaste dink Carmel Villa het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Calvinia Tankwa Karoo Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pastoriestraat 19, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang