Blombossingel 46
-
Kapasiteit: 8 persone
7 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Blombossingel 46, Witsand, 6665, Wes-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Blombossingel 46 is 'n selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Witsand. Dit is ideaal vir 'n wegbreek op die Tuinroete aangesien dit stapafstand vanaf die see is.
Die huis bied slaapplek aan 7 volwassenes en 1 kind en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n enkel- en 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde aparte badkamer het ook 'n stort. Daar is ook 'n enkelslaapbank vir 'n kind in die leefarea.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, lugbraaier, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Langs die kombuis is daar 'n etenstafel en 'n sitarea met gemaklike sitplek.
Buite is daar 'n lieflike buitebraai-area en daar is 'n putt-puttbaan en 'n muurklimplek slegs 100 m van die huis af.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 1
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Blombossingel 46, Witsand, 6665, Wes-Kaap
-
Kapasiteit: 8 persone
7 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Blombossingel 46, Witsand, 6665, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang