Beit Zata
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Duinestraat 8, Elandsbaai, 8110, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Beit Zata is 'n premium vakansiehuis vir tot 6 mense in Elandsbaai. Die huis het 'n gedeeltelike see-uitsig en is net 150 m van die strand af.
Die huis bestaan uit 2 ruim slaapkamers met instapkaste. Die hoofslaapkamer het 'n ekstra-lengte koninggrootte-bed, terwyl die tweede kamer 'n dubbelbed sowel as 'n enkelbed het. 'n Ekstra-lengte 3/4 bed is beskikbaar in die leefarea. Die een badkamer het 2 wasbakke, 'n stort en 'n toilet, en daar is 'n aparte gastetoilet met 'n wasbak.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n vierplaatstoof en oond, 'n mikrogolfoond en 'n yskas en vrieskas. Die opwaskamer het 'n dubbelwasbak, 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Gaste kan ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n 50'-slim-TV met DStv, YouTube ens. Maar gaste moet hul eie wagwoorde vir die stroomdienste gebruik en hul eie dekodeerder en slimkaart vir DStv saambring. WiFi-toegang is ook beskikbaar.
Die huis het 'n groot stoep met braaigeriewe en parkeerplek is langs die huis beskikbaar. Rook en damp word nie in die huis toegelaat nie, maar wel op die patio. Dagbesoekers word toegelaat indien vooraf gereël, maar troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.
Beit Zata is net 'n entjie se stap van die strand af en is 500 m vanaf die middedorp wat 'n hotel, restaurante, kafees en 2 drankwinkels het.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Freda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 24
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Duinestraat 8, Elandsbaai, 8110, Wes-Kaap
- Gaste dink Beit Zata het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Elandsbaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Duinestraat 8, Elandsbaai, 8110, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang