Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beach Cottage 2

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kandelaarstraat 43, Vermont, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 720 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Beach Cottage 2 is in Vermont geleë en bied verblyf met lieflike see-uitsigte vir 8 mense.

Die huis bied 4 kamers wat met dubbel- en 2 enkelbeddens ingerig is. Twee van die kamers het en suite-badkamers, terwyl die ander 2 kamers die gebruik van 'n badkamer deel. Gerieflikheidshalwe word alle linne en handdoeke voorsien, maar gaste moet asseblief hul eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n mikrogolfoond, 'n stoof en oond, 'n yskas, en 'n wasmasjien is ook beskikbaar vir gebruik. Gaste kan hul maaltye by die ontbytkroeg of eetarea geniet, en gaste kan ontspan in die leefarea wat 'n knus kaggel het, asook 'n TV met DStv en 'n DVD-speler. Die sitkamer maak oop op 'n balkon, en van hier af kan gaste die see sien.

Beach Cottage 2 is net 'n entjie se stap van die see af, en gaste kan draf of langs die strand stap na Ontbytbaai en Davies-swembad, asook die Jan Rabie-getypoel. Doendinge in die area sluit bergfietsry, voetslaan, gholfspeel asook besienswaardighede soos die Hemel- en Aardevallei met sy verskeie wynplase, en meer in.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 54 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Chanel D
Saam met vriende
5.0
Vrede en vreugde. So lekker! Sien uit om weer te kom kuier!
Jan 2025
Anri D
Gesin met tieners
5.0
Fantasties. Pragtige plek! Mooi skoon en alles daar wat jy nodig het. Gasvrou baie vriendelik en behulpsaam.
Des 2024
Fransie K
Gesin met klein kinders
5.0
Ons het heerlik gebly! Ons het 'n heerlike naweek by Beach Cottage 2 gehad. Alles was skoon en netjies toe ons arriveer. Alle inligting was duidelik. ...
Sien meer
Jun 2024
Jean-marie S
Gesin met klein kinders
5.0
Wat 'n lieflike huis. Gemaklik en goeie waarde vir geld. Ons het ons naweek weg baie geniet. Die see-uitsig, stappies langs die see en die ontspan op ...
Sien meer
Mrt 2024
Marcelle S
Saam met vriende
5.0
Great! Very pleasant - nice and close to the beach!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

O'Nel Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 143

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Kandelaarstraat 43, Vermont, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
  • Gaste dink Beach Cottage 2 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 720
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R 2 720
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kandelaarstraat 43, Vermont, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM1ODBhYmYxLTYyNTEtNGZlNy1iZjAwLTBlZTZjMWIwM2I3ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 720 per nag, vir 8 mense 54 5 1 5 43 Kandelaar Street Vermont 7201 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.4203059 19.151201

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang