Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beach Club 201

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach East Boulevard, Beach Club 201, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Beach Club 201 is 'n moderne selfsorgwoonstel met slaapplek vir 6 wat uitkyk oor Diaz-strand.

Die woonstel is gerieflik gemeubileer en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander 2 kamers het elk 2 enkelbeddens, en hulle deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad, toilet en 'n stort. Gerieflikheidshalwe word alle linne en handdoeke voorsien. Gaste word gevra om hul eie strandhanddoeke saam te bring.

Die moderne, oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, 'n skottelgoedwasser, asook 'n wasmasjien en tuimeldroër-kombinasie. Die sitkamer is toegerus met 'n klein TV met volledige DStv, en WiFi is beskikbaar.

Die leefarea maak oop op 'n balkon met gasbraai, en kyk uit oor die strand. Parkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig en is op dieselfde vlak as die woonstel. Die oop derde verdieping het parkeerplek vir 'n bykomende voertuig of 'n sleepwa.

Die woonstelkompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braai-area. Die kompleks, sowel as parkeerplek, kan slegs deur 'n afstandbeheerde veiligheidshek verkry word. The Diaz Hotel and Resort is langs die kompleks geleë en bied restaurante. Gaste kan ook van die kompleks se gimnasium gebruik maak teen 'n minimale fooi.

Gaste het privaat toegang tot die strand en sekuriteit is bedags en snags teenwoordig. Die Diaz Waterpark is binne 70 m se stap vanaf die woonstel en bied verskeie waterglybane en doendinge. Daar is 'n grasperk voor Beach Club 201 waar kinders kan speel. Die woonstel is net 50 m vanaf die strand en die swembad. Oorgenoeg parkeerplek is ook beskikbaar.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ferdie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 25

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Beach East Boulevard, Beach Club 201, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Gaste dink Beach Club 201 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 300
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 300
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach East Boulevard, Beach Club 201, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU1MGVmZGNjLThlMWMtNGUxYy1hN2Y1LWE2YmNkOWUyZGM5Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6) 25 5 1 5 Beach East Boulevard Beach Club 201 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.158573325613 22.109077423811

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang