Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Be at Rest Accommodation

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Insignisstraat 4, George, 6530, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Be at Rest Accommodation bied selfsorgverblyf en is sentraal geleë in George. Die gastehuis is die ideale basis vanwaar jy die verskeie besienswaardighede in en om hierdie deel van die Tuinroete kan verken.

Be at Rest Accommodation bestaan uit 3 individueel versierde kamers en 1 selfsorg-eenheid. Elke kamer het 'n privaat ingang en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet, 'n studeerhoekie en 'n platskerm-slim-TV vir mediavermaak. Boonop is die selfsorg-eenheid 'n oopplan-eenheid wat ingerig is met 'n koninggrootte-bed en 'n enkelbed. Dit het 'n en suite-badkamer en kombuisie met basiese toebehore soos 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof en 'n mini-oond. Die selfsorg-eenheid het ook sy eie privaat ingang.

Gaste wat in die kamers bespreek het toegang tot 'n gedeelde sosiale sitkamer en kombuis wat toegerus is met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n induksieplaat en komplimentêre tee- en koffiemaakgeriewe. Gratis onbeperkte WiFi-toegang is beskikbaar, asook veilige parkeerplek op die perseel. Die kamers en die selfsorg-eenheid kan apart bespreek word of die gastehuis kan as 'n geheel bespreek word om altesaam 9 gaste te akkommodeer.

Die pragtige stad George word omring deur die Outeniekwaberge, woude, riviere, oop see en skilderagtige landerye om te besoek. Be at Rest Accommodation is naby winkels, restaurante, gholflandgoedere en ongeveer 8,5 km vanaf George Lughawe geleë.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
Openbare vervoer naby
Vervoerdienste

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Mark P
Saam met vriende
5.0
Very nice rooms - clean and comfortable. Centrally located - a pleasure to visit. Very nice rooms - clean and comfortable. Centrally lo...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025
Lorna R
Saam met vriende
5.0
All good. Very good. Clean and comfortable.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Nathaniel M
Saam met lewensmaat
5.0
It was an excellent stay. The location is great, the design of the house and the garden is beautiful. The owners are very hospitable.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Ansie V
Besigheidsreis
5.0
Ongelukkig nie kuier nie daar vir besigheid. Die kamer was voldoende vir wat ons benodig het.
Mrt 2024
Claudia K
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly. Plekkie is netjies en rustig. Goed toegerus met alles wat mens mag nodig kry. Gasvrou vreeslik vriendlik, hulpvaardig en gasvry.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Janey Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 26

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Insignisstraat 4, George, 6530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Be at Rest Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Insignisstraat 4, George, 6530, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf84722229c1725fc5cd1fc2ca97b3fc6014090c8ff7786dc7e3758d90b06f5042828c82aa47d8d33095b45d34c64c6c5482f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 14 5 1 5 4 Insignis Street George 6530 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.968271793746 22.451218220933

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang