Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Avalon Springs Resort by Dream Resorts

  • Kapasiteit: 236 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitvlucht-straat, Avalon Springs, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 570 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Avalon Springs Resort by Dream Resorts is 'n gewilde vakansieoord in Montagu in die Wes-Kaap. Dit kan 'n ideale opsie wees vir óf 'n romantiese wegbreek, 'n sakereis of 'n gesinsvakansie want dit is ongeveer 2 uur van Kaapstad af geleë en die oord bied 'n verskeidenheid doendinge op die perseel.

Dié oord bied gaste 'n keuse van hotelkamers wat óf 2 óf 4 gaste kan akkommodeer of lieflike bergchalets wat elk tot 4 volwassenes en 2 kinders op 'n slag kan akkommodeer. Alle hotelkamers is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n privaat en suite-badkamer met óf 'n bad en 'n stort óf net 'n stort. Skerp wit linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring. Ander geriewe in die kamer sluit 'n tee- en koffieskinkbord en 'n TV met 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale in. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Die bergchalets beskik oor 2 en suite-slaapkamers asook 'n dubbelslaapbank vir kinders in die sitkamer. Albei slaapkamers is ingerig met 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die eerste badkamer het 'n bad en die tweede badkamer het 'n stort.

Boonop het hierdie chalets 'n leefarea met 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Buite elke chalet is daar 'n onderdakstoep met 'n buite-eettafel en 'n ingeboude braai wat die ideale plek is vir 'n skemerkelkie in die aand.

Avalon Springs bederf met asemrowende uitsigte asook 'n speelarea vir kinders, 2 restaurante, 'n kafee, 'n gastesitkamer en 'n spa. Boonop sluit die aktiwiteite wat aangebied word die gewilde verhitte swembaddens, staproetes, mini-gholf en tennisbane in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Gimnasium
Spa
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
Mooi uitsig
24-uur-ontvangs

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 36 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Keenan S
Gesin met klein kinders
5.0
Baie heerlike plek vir groot en klein. Baie lekker gekuier. Ideaal vir kinders en hulle was heel naweek vermaak. Buffet ontbyt ook baie lekker. Kan ni...
Sien meer
Mrt 2025
Milmarie L
Gesin met tieners
5.0
Ongelooflik, rustig, uitstekend. Dit was vir seker 'n ongelooflike ervaring en 'n baie lekker naweek. Daar is niks waaroor ons kan kla nie. Julle is a...
Sien meer
Mrt 2025
Marshe R
Gesin met klein kinders
5.0
Great. Please add that there is an air conditioner in the living room.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025
Omkar R
Gesin met klein kinders
5.0
Great facilities and amazing pools. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Madeleen P
Gesin met klein kinders
5.0
Wondelike diens, pragtige skoon swembaddens. Dis 'n baie lekker plek met kinders, heerlik gebly en was baie bederf met die goeie diens.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Dream Geverifieer

Eiendomme 19

Resensies 399

Op LekkeSlaap 15 jaar

Ligging

  • Uitvlucht-straat, Avalon Springs, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Gaste dink Avalon Springs Resort by Dream Resorts het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 570
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 570
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 236 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitvlucht-straat, Avalon Springs, Montagu, 6720, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5f7776d3711a8e5fe545d96a27a9c4397d264206ee259e560225db9733893c4ef890a5c85db92d9250109da0773a536a125e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 570 per nag, vir 2 mense 36 5 1 5 Uitvlucht Street Avalon Springs 6720 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.765701 20.117599

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang