Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Arend Cottage

  • Kapasiteit: 6 persone
    3 volwassenes, 3 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Arendstraat 15, Nelspruit, 1201, Mpumalanga
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 3 mense

Beskrywing

Arend Cottage is 'n selfsorg-eenheid in die dorpie Mbombela (Nelspruit), in Mpumalanga. Mbombela (Nelspruit), geleë in die vrugbare vallei van die Krokodilrivier, spog met oorvloedige sonskyn, matige subtropiese klimaat, welige landskap, 'n magdom nabygeleë besienswaardighede en dien as die poort na Mpumalanga en Kruger Nasionale Park.

Die kothuis het slaapplek vir 6 volwassenes of 4 volwassenes met 3 kinders en beskik oor 'n slaapkamer en 'n solderslaapkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed terwyl die solder 2 enkelbeddens en 'n lae kindervriendelike dubbelbed het. Die gedeelde badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.

Elke kamer en die leefarea is toegerus met waaiers.

Die kombuis is goed toegerus om in gaste se selfsorgbehoeftes te voorsien terwyl die sitkamer gemaklike sitplek, 'n TV en Netflix het. Daar is ook gratis WiFi, braaigeriewe en 'n alarmstelsel wat afsonderlik funksioneer.

Die kothuis is langs die hoofhuis geleë en het sy eie privaat ingang.

Die eiendom grens aan een van Mbombela (Nelspruit) se natuurreservate en dis dus baie stil en rustig.

Nabygeleë besienswaardighede sluit Sudwala-grotte, Mbombela (Nelspruit) Gholfklub, Laeveld Nasionale Botaniese Tuin, Chimp Eden en Emnotweni Casino in. Die eenheid is binne maklike bereik van hospitale, lughawe en verskeie geriewe.

Crossings Centre is 4 km, Ilanga Winkelsentrum is 6 km en Mediclinic Hospitaal is 5 km weg.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Leefarea

1

1 x Kinderbedjie

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Openbare vervoer naby
TV
Volledige kombuis
Stroomdienste
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Alida S
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker gebly! Sal beslis weer bespreek met ons volgende kuier! Baie lekker gebly! Sal beslis weer daar oorbly. Aircons sal 'n groot aanwins wees ...
Sien meer
Feb 2025
Marie S
Saam met lewensmaat
4.8
Vriendelike mense, privaat woonstel, lieflik koel groot stoep. Ruim woonstel. Lieflike tuin, privaat ingang met koel stoep by voordeur met tafel en st...
Sien meer
Mei 2024
Anel P
Gesin met klein kinders
4.8
Baie goed ingerig om die bly so gerieflik as moontlik vir gaste te maak. Baie goed ingerig om die bly so gerieflik as moontlik vir gaste te maak. Baie...
Sien meer
Apr 2024
Mariana B
Gesin met tieners
4.6
Goeie oornag-akkommodasie. Slaap kussings net swak.
Jul 2024
Willie E
Saam met lewensmaat
4.4
Gemaklik en eenvoudig. Baie lekker gebly, vriendelike en gasvrye eienaar. Eenvoudige plek, net soos ons daarvan hou.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Salmien Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Arendstraat 15, Nelspruit, 1201, Mpumalanga
  • Gaste dink Arend Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 3 mense
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 3 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
    3 volwassenes, 3 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Arendstraat 15, Nelspruit, 1201, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA297668fe45042f680da019a636b7e44dba3252cbea9280c720e1cb7625781182cf64f1d03b11af1d15811513ba0449d0de4a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 3 mense 23 5 1 5 15 Arend Street Mbombela (Nelspruit) 1201 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.48764 30.9865

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
242526272812345678910111213141516171819202122232425262728293031123456
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
242526272812345678910111213141516171819202122232425262728293031123456